settings icon
share icon
Vraag

Is hel ‘n werklikheid? Is hel verewig?

Antwoord


Dit is interesant dat daar meer mense is wat in die werklikheid hemel glo as wat in die werklikheid van hel glo. Volgens die Bybel is die hel net so werklik as die hemel. Die Bybel verduidelik baie goed dat hel die plek is waar goddelose / ongelowiges gestuur sal word. Ons het almal teenoor God gesondig (Romeine 3:23). Die regverdige straf vir sonde is dood (Romeine 6:23). Ons sonde is teen God (Psalms 51:4), en omrede God ‘n oneindige en ewige Wese is, is die straf vir sonde dood en daarom moet dit ook oneindig en ewig wees. Hel is oneindig en is die ewige dood vir sonde.

Die straf vir die goddelose mense in hel word regdeur die Bybel beskryf as “ewige vuur” (Matteus 25:41), “onblusbare vuur” (Matteus 3:12), “ewige skande en veragting” (Daniel 12:2), ‘n plek waar “die vuur nie geblus word nie” (Markus 9:48), ‘n plek van “pyn en lyding” (Lukas 16:23-24), “ewige verdoemenis” (2 Tessalonisense 1:9), ‘n plek waar “die rook van pyniging styg tot in alle ewigheid” (Openbaring 14:10-11), en ‘n “poel van vuur”, waar die goddelose “dag en nag gepynig word vir altyd en ewig” (Openbaring 20:10).

Die straf vir die goddelose in hel eindig nooit, maar vir die regverdiges eindig die vrede van hemel nooit nie. Jesus het self vertel dat die straf in die hel net so oneindig is soos die lewe in die hemel (Matteus 25:46). Die goddelose sal vir altyd onderwerp wees aan God se toorn. Die mense in die hel sal God se regverdige oordeel oor hulle erken (Psalms 76:10). Die mense in hel sal besef hoekom hulle gestraf word en weet dat dit hulle eie skuld is (Deuteronomium 32:3-5). Ja, hel is ‘n werklikheid. Ja, hel is ‘n plek van lyding en straf wat vir ewig sal duur. Loof God deur Jesus dat ons hierdie straf kan vry spring (Johannes 3:16; 18; 36).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is hel ‘n werklikheid? Is hel verewig?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries