settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek gered word?


Hierdie eenvoudige, tog diepgaande vraag, is die mees belangrikste vraag wat gevra kan word. “Hoe kan ek gered word?”, handel oor waar ons die ewigheid gaan deurbring nadat ons lewens in hierdie wêreld verby is. Daar is geen belangriker kwessie as ons ewige bestemming nie. Gelukkig is die Bybel oorvloediglik duidelik oor hoe ‘n mens gered kan word. Die tronkbewaarder van Filippi het vir Paulus en Silas gevra, “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” (Handelinge 16:30). Paulus en Silas het geantwoord, “Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word” (Handelinge 16:31).

Hoe kan ek gered word? Waarom moet ek gered word?
Ons is almal met sonde besmet (Romeine 3:23). Ons word met sonde gebore (Psalm 51:7), en ons almal kies vrywilliglik om te sondig (Prediker 7:20; 1 Johannes 1:8). Sonde maak jou ongered. Sonde skei ons van God. Sonde lei ons op die pad na ewige verdoemenis.

Hoe kan ek gered word? Gered word van wat?
Vanweë ons sonde, verdien ons almal die dood (Romeine 6:23). Terwyl die liggaamlike gevolge van sonde fisieke dood is, is dit nie al tipe dood wat uit sonde voortspruit nie. Alle sonde word per slot van rekening gepleeg teen ‘n ewige en oneindige God (Psalm 51:6). Daarom is die regverdige straf vir ons sonde ook ewig en oneindig. Ons moet gered word van hierdie ewige verdoemenis (Mattheus 25:46; Openbaring 20:15).

Hoe kan ek gered word? Hoe het God redding voorsien?
Omdat die regverdige straf vir sonde oneindig en ewig is, kon net God die straf betaal, want net Hy is oneindig en ewig. Maar God, in Sy goddelike natuur, kan nie sterf nie. Dus het God ‘n mens geword in die persoon van Jesus Christus. God het ‘n menslike liggaam aangeneem, tussen ons kom woon, en ons geleer. Toe die mense Hom en Sy boodskap verwerp het, en Hom wou doodmaak, het Hy Homself vrywilliglik vir ons geoffer, en toegelaat om gekruisig te word (Johannes 10:15). Omdat Jesus Christus mens was, kon Hy sterf; en omdat Jesus Christus ook God was, het Sy dood ‘n ewige en oneindige waarde. Jesus se dood aan die kruis was die perfekte en volkome betaling vir ons sonde (1 Johannes 2:2). Hy het die gevolge wat ons verdien het op Hom geneem. Jesus se opstanding uit die dood het bewys dat Sy dood inderdaad die perfekte en voldoende offer vir ons sonde was.

Hoe kan ek gered word? Wat moet ek doen?
“Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word” (Handelinge 16:31). God het alreeds al die werk gedoen. Al wat jy moet doen is om, in die geloof, die redding in ontvangs te neem wat God jou aanbied (Efesiërs 2:8-9). Vertrou ten volle in Jesus alleen as die betaling vir jou sondes. Glo in Hom, en jy sal nie verlore gaan nie (Johannes 3:16). God bied jou redding aan as ‘n geskenk. Al wat jy hoef te doen is om dit te aanvaar. Jesus is die pad na redding (Johannes 14:6).

Het jy ‘n besluit vír Jesus Christus geneem as gevolg van wat jy hier gelees het? Indien wel, druk die “Ek het Jesus Christus vandag aanvaar” - knoppie hieronder.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek gered word?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries