settings icon
share icon
Vraag

Hoekom moet ons die Bybel lees en bestudeer?

Antwoord


Ons moet die Bybel lees en bestudeer omrede dit God se Woord aan ons is. Die Bybel is letterlik “God-ingeblaas” (2 Timoteus 3:16). In ander woorde, dit is God se eie woorde aan ons. Baie van die vrae wat filosowe vra, word deur die Bybel beantwoord. Wat is die doel van lewe? Waar kom ons vandaan? Is daar lewe na die dood? Hoe kan ek in die hemel kom? Hoekom is die wereld vol euwel? Hoekom sukkel ek om goed te doen? Nie slegs hierdie tiepe vrae word in die Skrif beantwoord nie, maar daar is ook praktiese riglyne hoe om te lewe, soos byvoorbeeld: - Wat moet ek in ‘n maat soek? Hoe kan ek ‘n gelukkige huwelik hê? Hoe kan ek ‘n goeie vriend wees? Hoe kan ek ‘n goeie ouer wees vir my kinders? Wat is sukses en hoe bereik ek dit? Hoe kan ek verander? Wat is regtig belangrik in die lewe? Hoe kan ek lewe en nie hoef terug te kyk in spyt nie? Hoe kan ek onregverdige omstandighede benader en oor dit seëvier?

Ons moet die Bybel lees en bestudeer omrede dit betroubaar is en sonder enige foute is. Die Bybel is uniek onder die sogenaamde “heilige” boeke omdat dit nie net morele waardes leer nie wat sê, Vertrou my”. Instede van net vertroue is daar honderde voorspellings wat in detail getoets kan word, hierdie voorspellings word gestaaf deur gewone historiese rekords en wetenskaplike feite wat van tyd tot tyd uitgereik was (en nog steeds uitgereik word). Die wat sê dat die Bybel foute in het, het hul ore gesluit teen die waarheid. Jesus het eenkeer gevra wat is makliker, “om te sê jou sondes is jou vergewe” of “staan op, vat jou bed en loop”. Tydens hierdie het Hy bewys dat Hy sondes kan vergewe (iets wat nie met die oog gesien kan word nie) deur ‘n verlamde man gesond te maak (iets wat deur die mense wat daar was getoets en gesien kon word). Netso kry ons die versekering dat God se Woord waar is wanneer Hy praat oor geestelike goed wat nie deur ons sintuie opgetel kan word nie, maar wel deur bewyse in geskiedenis, wetenskaplike toetse en akkurate voorspellings.

Ons moet die Bybel lees en bestudeer want God verander nooit nie en mensdom se sondige natuur verander ook; God se Woord is netso relevant soos toe wanneer dit geskryf was. Waar tegnologie verander, verander mensdom se natuur en begeertes nooit nie. Soos ons die Bybel lees vind ons dat, “Niks wat gebeur is nuut nie” (Prediker 1:9) ons lees oor en oor van een-tot-een verhoudings of van die samelewing. In die tussen tyd, soek die wereld na liefde en bevrediging in al die verkeerde plekke, terwyl God – ons goeie en genadelike Skepper – ons vertel wat ons volkome geluk sal gee. Sy bekendmakende Woord, die Bybel, is so belangrik dat Jesus gesê het, “ ’n Mens het meer as brood nodig om van te lewe. Wat jy eintlik nodig het, is om te leef van elke woord uit God se mond” (Matteus 4:4). In ander woorde, as ons die lewe volkome wil lewe, soos wat God dit bedoel het, dan moet ons luister en ag gee op God se Woord.

Ons moet die Bybel lees en bestudeer omrede daar baie valse leerstellings bestaan. Die Bybel is die maatstaf wat ons kan gebruik om te bepaal wat is die waarheid en wat is verkeerd (foutiewe dogma). Dit vertel ons hoe God is en wat Sy karakter is. Om die verkeerde indruk van wie God is, is dieselfde as om ‘n afgod te aanbid. Ons aanbid dan iets wat God nie is nie. Die Bybel vertel ons hoe om in die hemel te kom, wat nie net beteken om ‘n goeie mens te wees nie, of om gedoop te word nie, of deur enige iets wat ons uit ons eie doen nie (Johannes 14:6; Effesiërs 2:1-10; Jesaja 53:6; Romeine 3:10-18, 6:23’ 10:9-13). God se Woord wys ons ook hoe baie Hy ons lief het (Romeine 5:6-8; Jahannes 3:16). Deur hierdie dinge te leer bring ons nader aan God en leer ons om Hom ook lief te hê (1 Johannes 4:19).

Die Bybel rus ons toe om God te kan dien (2 Timoteus 3:17; Effesiërs 6:17; Hebreërs 4:12). Dit help ons om te leer hoe ons gered word van sonde en wat dit dan vir ons sal beteken (2 Timoteus 3:15). Om oor God se Woord te peins en gehoorsaam aan dit te wees, bring sukses in die lewe (Josua 1:8; Jakobus 1:25). God se Woord help ons om die sonde in ons lewe raak te sien en help ons om daarvan ontslae te raak (Psalm 119:9, 11). Dit gee riglyne in die lewe, dit maak ons wyser as ons onderwysers (Psalm 32:8, 119:99; Spreuke 1:6). Die Bybel help ons sodat ons nie ons jare mors op dinge van geen belang en daardie dinge wat net tydelik is (Matteus 7:24-27).

Die lees en bestudeering van die Bybel help ons om ‘n lewe te lei wat nie geteister word deur al die verskillende versoekings in die lewe nie, so ons kan leer uit ander se foute en verhoed dat ons self daar deur hoef te gaan. Ondervinding is ‘n baie goeie leermeester, maar wanneer dit by sonde kom kan dit ‘n duur les wees. So dit is beter om deur ander se foute te leer as om self daardeur te gaan. Daar is baie verskillende karakters in die Bybel van wie ons kan leer, daar is beide goeie en slegte lesse wat van hierdie mense geleer kan word. Soos byvoorbeeld, Dawid toe hy Goliat oorwin het wat vir ons wys dat God groter is as enige iets wat ons ooit hoef teentestaan (1 Sameul 17), ons lees ook hoe Dawid nie die versoeking kom weerstaan nie en toe met Batseba owerspel gepleeg het, dan vertel dit ons ook wat die verskriklike uitkoms was van hierdie sonde (2 Sameul 11).

Die Bybel is nie net ‘n boek wat gewone mense moet lees nie. Dit is ‘n boek vir studie sodat dit toegepas kan word. Indien ons dit nie so gebruik nie, is dit dieselfde as om kos te kou en dan uittespoeg – ons kry geen nut daaruit nie. Die Bybel is God se Woord en daarom is dit net so bindend soos die wette van natuur. Die belangrikheid daarvan is absoluut noodsaaklik vir ons lewe. Dit is soos om vir goud te myn. Slegs ‘n klein poging van tussen die rotse soek gee ons net goud-stof. Maar as ons dieper grou kry ons die groot beloning.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom moet ons die Bybel lees en bestudeer?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries