settings icon
share icon
Vraag

Sal daar huwelike in die hemel wees?

Antwoord


Die Bybel sê, “Met die opstanding trou die mense nie meer nie, maar is hulle soos die engele in die hemel” (Matt 22:30). Dit was Jesus se antwoord op ‘n vraag aangaande ‘n vrou, wat verskeie kere in haar lewe getroud was – met wie sou sy in die hemel getroud wees (Matt 22:23-28)? Klaarblyklik sal daar geen huwelik in die hemel wees nie. Dit beteken nie dat man en vrou nie meer mekaar in die hemel sal ken of dat hulle nie steeds ‘n hegte verhouding sal hê nie. Dit is dus ‘n aanduiding dat man en vrou nie langer in die hemel getroud sal wees nie.

Die mees waarskynlike is dat daar nie huwelike in die hemel sal wees nie, omdat dit nie meer nodig is nie. Toe God die huwelik ingestel het, het hy dit gedoen om sekere behoeftes te vervul. Eerstens het Hy gesien dat Adam behoefte aan ‘n maat gehad het. “Verder het die Here God gesê: ‘Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke’” (Gen 2:18). Eva was die oplossing van die probleem, Adam se alleenheid, sowel as sy behoefte aan ‘n “helper”, iemand langs hom as lewensmaat en om sy aan sy deur die lewe te gaan. In die hemel sal daar geen alleenheid wees en geen behoefte aan helpers nie. Ons sal omring wees deur ‘n menigte gelowiges en engele (Open 7:9) en in al ons behoeftes sal voorsien word, insluitende die behoefte aan geselskap.

Tweedens, God het die huwelik geskep met die bedoeling om voort te bring en om die aarde met menslike wesens te vul. Die hemel sal nie deur voortplanting bevolk word nie. Diegene wat hemel toe gaan, sal daar kom deur geloof in die Here Jesus Christus; hulle sal nie geskep word deur voortplanting nie. Dus is daar geen doel om te trou in die hemel nie, aangesien daar geen voortplanting of alleenheid is nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Sal daar huwelike in die hemel wees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries