settings icon
share icon
Vraag

Wat is intelligente ontwerp?

Antwoord


Die Intelligente Ontwerp Teorie stel dit dat intelligente oorsake nodig is om komplekse, informasie-ryke strukture in biologie te verduidelik, dit sê ook dat hierdie oorsake empiries (ervaar) waargeneem kan word. Verskeie biologiese kenmerke daag die standaard Darwin “toevallige verandering” teorie uit omrede dit blyk of hierdie biologiese kenmerke slegs ontwerp kon gewees het. Dit is van selfsprekend dat ontwerp ‘n ontwerper nodig het, daarom word die verskynsel van ontwerp toegeskryf aan die bewys vir ‘n ontwerper. Daar bestaan drie primere argumente in die Intelligente Ontwerp Teorie naamlik: (1) onverminderbare (kleinste) kompleksiteit, (2) spesifieke kompleksiteit en (3) die mensagtige beginsel.

Onverminderbare kompleksiteit word gedefineer as “.... ‘n enkel sel wat saamgestel is deur verskillende gebalanseerde gedeeltes wat deur interaksie ‘n spesifieke rol vervul. Die onttrekking van een van die dele veroorsaak dat die sisteem ophou funksioneer”. ‘n Meer eenvoudige verduideliking is dat “lewe” bestaan uit interafhanklike dele wat elkeen afhanklik is van mekaar om te kan funktioneer. Waar “toevallige mutasie (veranderlike) teorie” die ontwikkeling van ‘n spesifieke deel kan verduidelik, kan hierdie teorie nie verduidelik hoe al hierdie verskillende dele gelyktydig ontwikkel was nie. Byvoorbeeld, die mens se oog is ‘n baie belangrike en bruikbare deel van die liggaam. Sonder die oogbal, of die optiese senuwee, of die visuele korteks, sal “toevallige mutasie” onvoltooid wees. Indien al hierdie dele nie gelyktydig onstaan nie sal dit onmoontlik wees om te oorleef, hoe sal spesies kan sien om gevaar te ontduik of voedsel te vind? Dus is die teorie van “natuurlike seleksie” is dus onmoontlik.

Spesifieke kompleksiteit is die konsep waar spesifieke komplekse handelinge / optredes in organismes gevind word. Hierdie argument sê daar moes ‘n vorm van rigting aanwysing of doelgerigtheid gewees het tydens hul ontstaan. Die spesifieke kompleks argument stel dit dat dit onmoontlik sal wees dat hierdie komplekse handelinge of optredes die gevolg kan wees van “toevallige verandering”. ‘n Voorbeeld hiervan is dat indien ‘n kamer met 100 ape gevul word en ons plaas nou in dieselfde kamer 100 rekenaars, is daar ‘n moontlikheid dat die ape woorde met die rekenaars kan skep. Maar dit sal onmoontlik wees dat hierdie samestelling van ape en rekenaars sal lei tot ‘n volledige Shakespear verhaal. Indien daar gekyk word na die kompleksiteit van biologiese lewe dan sien ons dat dit soveel meer is as ‘n Shakespear verhaal wat aandui op ‘n baie hoë vlak intelligensie wat hierdie biologiese lewe ontwikkel het.

Mensagtige beginsels stel dit dat die wereld en heelal baie noukeurig beheer word om sodoende lewe op die aarde moontlik te maak. Dit is ‘n feit dat indien die verhouding in die atmosveer op ‘n klein mate verander sal baie lewende weses uitsterf. Indien die wereld ‘n paar kilometer nader of verder van die son af is sal baie spesies nie kan voortbestaan nie. Die voortbestaan en ontwikkeling van lewe op aarde benodig baie verskillende veranderlikes wat in ‘n presiese verhouding moet staan. Dit is mos tog ontmoontlik dat al hierdie verskillende aspekte (son, water, suurstof, koolstof .... ens) deur “toevallige, ongekoördineerde verandering” kon ontstaan het.

Terwyl Intelligente Ontwerp Teorie nie die oorsprong van intelligensie verduidelik of aantoon nie (of dit nou God is of UFO’s of iets anders) is die oorgrote meerderheid Intelligente Ontwerp Teoriste, teïste (iemand wat in ‘n God glo). Hulle sien die verskynsel van ontwerp wat die biologiese wereld instand hou as bewys dat daar ‘n God is. Daar is wel ‘n paar ateïste wat erken dat daar sterk bewyse bestaan vir ontwerp, maar hulle weier om dit aan God toe te reken. Hulle vertolk die data so dat dit ‘n meester ras of vreemde skepsels (aliens) van die “buite wereld” al hierdie laat ontstaan het. Natuurlik sal hulle dan ook nie die ontstaan van hierdie skepsel (aliens) kan beantwoord nie.

Die Intelligente Ontwerp Teorie is nie dieselfde as Bybelse skepping nie. Daar is baie belangrike onderskeidings tussen hierdie twee posisies. Bybelse skepping begin met die aanvaarding van skepping soos dit in die Bybel weergee word, dit erken dat dit akkuraat en korrek is, dat lewe op aarde ontwerp was deur ‘n intelligente ontwerper – God. Hulle kyk na bewyse in die natuur wat die Bybel se weergawe ondersteun. Intelligente Ontwerp Toeriste begin met die natuurlike realm en kom dan tot die gevolgtrekking dat dit daar ‘n intelligente agent is (wie dit ookal mag wees).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is intelligente ontwerp?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries