settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ons weet dat iets sonde is?

Antwoord


Daar is twee aspekte betrokke by hierdie vraag, daardie dinge wat die Bybel spesifiek noem as sonde en daardie dinge of sondes wat die Bybel nie direk bespreek nie. Die Skriftelike lys van verskeie sonde word vervat in Spreuke 6:16-19, Galasiërs 5:19-21 en 1 Korinthiërs 6:9-10. Daar kan geen twyfeling wees dat hierdie verse duidelik toon watter aktiwiteite sonde is en wat God afkeur. Moord, egbreuk, leuens, steel ... ens – die Bybel toon aan dat dit sonde is. Maar dit is moeilik om te bepaal watter dinge wat die Bybel nie spesifiek aantoon as sonde of dit wel wel sonde is. Wanneer die Bybel nie ‘n spesifieke onderwerp van sonde noem nie moet ons die algemene riglyne van die Bybel gebruik om ons daarin te lei.

Eerstens, wanneer daar nie ‘n spesifieke verwysing in die Bybel is nie, is dit die beste om liewers nie te vra dit verkeerd is nie, maar ons moet liewers vra of dit goed is. Die Bybel vertel ons, “Maak die beste gebruik van elke geleentheid” (Kolossense 4:5). Ons min dae op aarde, in vergelyking met die ewigheid, is kort en daarom moet ons nie tyd mors op selfsugtige dinge nie, maar eerder, “praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom” (Efesiërs 4:29).

‘n Goeie toets of iets sonde is, is of ons God in alle eerlikheid en opregtheid kan vra of Hy dit kan seën en vir Sy eie goeie Wil sal kan gebruik, “Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God” (1 Korinthiërs 10:31). Indien daar onsekerheid bestaan is dit die beste om dit liewers nie te doen nie. “En enigiets wat 'n mens nie uit geloofsoortuiging doen nie, is sonde” (Romeine 14:23). Ons moet onthou dat ons ligaam en siel verlos (vrygemaak) is en dat dit aan God behoort. “Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik” (1 Korinthiërs 6:19-20). Hierdie waarheid sal ons lei in wat ons doen en waar ons gaan.

Ons moet ook kyk hoe ons aksies ons familie, ons vriende en ander mense beinvloed. Selfs as iets nie onsself verkeerdelik beinvloed is dit moontlik dat ander mense daardeur seergemaak kan word, “Dit is goed as 'n mens nie vleis eet of wyn drink of enigiets doen wat jou broer laat struikel nie” .... “Op ons wat sterk is in die geloof, rus die verpligting om die swakhede te verdra van dié wat nie sterk is nie” (Romeine 14:21; 15:1).

Laastens onthou dat Jesus Christus ons Verlosser en ons Redder is en niks is meer belangrik as om Sy wil uit te voer nie. Geen gewoonte, ontspanning of ambisie moet ons lewens oorheers nie, net Christus het daardie voorreg. “Daar is mense wat sê: "Alles is my geoorloof." Ja, maar nie alles is heilsaam nie. "Alles is my geoorloof," sê hulle. Ja, maar ek gaan my nie deur enigiets laat verslaaf nie” (1 Korinthiërs 6:12). “En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom” (Kolossense 3:17).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ons weet dat iets sonde is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries