settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel in verband met kerkgroei?

Antwoord


Alhoewel die Bybel nie spesifiek oor kerkgroei praat nie, is die beginsel van kerkgroei gekoppel aan wat Jesus gesê het in Matt 16:18, “en op hierdie rots sal Ek my kerk bou en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.” Paulus het dit ook bevestig dat die kerk se fondament in Jesus Christus is (1 Kor 3:11). Jesus Christus is ook die hoof van die kerk (Ef 1:18-23) en die lewe van die kerk (Joh 10:10). Na aanleiding van wat ons nou gesê het, moet onthou word dat “groei” ‘n relatiewe begrip kan wees. Daar is verskillende soorte groei, waarvan sommige niks met getalle te doen het nie.

‘n Kerk kan lewendig wees en groei, maar die getal lede verander nie. Wanneer diegene in die kerk in die genade en kennis van die Here Jesus toeneem, hulle hulself onderwerp aan Sy wil vir hul lewens, individueel sowel as geheel, dan is dit ‘n kerk wat ware groei beleef. Terselfdertyd kan ‘n kerk weekliks meer word in getalle en steeds nog geestelik geen vordering toon nie.

Enige soort groei volg ‘n tipiese patroon. Soos met ‘n groeiende organisme, het die plaaslike kerk diegene wat die saad plant (evangeliste), diegene wat natmaak (leraars en pastore) en andere wat hul geestelike gawes vir die groei in die kerk aanwend. Dit is egter God wat die vermeerdering laat plaasvind (1 Kor 3:7). Diegene wat plant en hulle wat natmaak, sal elk hul eie beloning ten opsigte van hul werk, ontvang (1 Kor 3:8).

Daar moet ‘n balans tussen plant en natmaak wees, om groei te bevorder en dit beteken dat elke persoon in ’n gesonde kerk moet weet wat hy/sy geestelike gawe is, sodat hy/sy in die liggaam van Christus kan funksioneer. Indien die plant en natmaak uit balans is, sal die kerk nie groei soos God wil hê nie. Natuurlik moet daar daagliks afhanklikheid en gehoorsaamheid teenoor die Heilige Gees wees, sodat Sy krag in hulle wat plant en natmaak, vrygestel kan word en God se groei kan plaasvind.

Die beskrywing van ‘n lewende en groeiende kerk is in Hand 2:42-47, waar die gelowiges “hulle heelhartig toegelê” het op die “leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede.” Hulle het mekaar gedien en uitgereik na diegene wat die Here moes leer ken en die Here het daagliks geredde mense by die getal bygevoeg. Wanneer hierdie dinge teenwoordig is, sal die kerk geestelik groei, óf die getalle vermeerder óf nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel in verband met kerkgroei?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries