settings icon
share icon
Vraag

Kon Jesus sondig? As Hy nie by magte was om sonde te doen nie, hoe kon Hy opreg ‘medelye met ons swakhede hê’ (Heb 4:15)? As Hy nie sonde kon doen nie, wat was die doel van versoeking dan?

Antwoord


Daar is twee kante aan hierdie interessante vraag gekoppel. Dit is belangrik om te onthou dat dit nie gaan oor of Jesus gesondig het nie. Beide kante stem saam, volgens die Bybel, dat Jesus nie gesondig het nie (2 Cor 5:21; 1 Pet 2:22). Die vraag gaan daaroor of Jesus wel sonde kón doen. Diegene wat steun op ‘onfeilbaarheid’, glo dat Jesus nie kon sondig nie. Diegene wat steun op ‘feilbaarheid’, glo dat Jesus wel kon sondig, maar Hy het dit nie gedoen nie. Watter siening is korrek? Die Skrif is baie duidelik daaroor dat Jesus onfeilbaar was – Jesus kon nie sondig nie. As Hy sonde kon doen, sou Hy vandag nog steeds kon sondig, omdat Hy dieselfde in wese is, as toe Hy op aarde geleef het. Hy is God-Mens en sal vir ewig dit wees, want Hy is volledig goddelik en volledig menslik, verenig in een persoon, onafskeidbaar. Om te glo dat Jesus kon sondig, is om te glo dat God kon sonde doen. “God het besluit om met Sy volle wese in Hom te woon” (Kol 1:19). Kol 2:9 voeg by, “In Hom is die volle wese van God beliggaam.”

Alhoewel Jesus volledig mens is, is Hy nie met dieselfde sondige natuur as ons gebore nie. Hy is sekerlik op dieselfde wyse as ons versoek deur Satan, tog het Hy sondeloos gebly, omdat God nie kan sondig nie. Dit is teen Sy totale wese (Matt 4:1; Heb 2:18; 4:15; Jak 1:13). Sonde is per definisie ‘n oortreding van die Wet. God het die Wet daargestel en die Wet is van nature wat God sou of nie sou gedoen het nie; dus is sonde enigiets wat God vanuit Sy natuur nie sou doen nie.

Om versoek te word, is nie op sigself sonde nie. Iemand kan jou in versoeking lei met iets waarvoor jy geen begeerte het nie, soos om moord te pleeg of deel te wees van seksuele uitspattighede. Jy het dalk geen begeerte om daaraan deel te neem nie, maar jy is nog steeds versoek, omdat die moontlikheid op jou pad gekom het. Daar is minstens twee definisies vir die uitdrukking ‘om versoek te word’;

1) Iemand maak ‘n sondige voorstel aan jou of dit vind buite jouself plaas of as gevolg van jou eie sondige natuur.

2) Om werklik deelname aan ‘n sondige handeling te oorweeg en die moontlike genietinge en gevolge is al reeds in ‘n sekere mate besig om in jou gedagtes te gebeur.

Die eerste definisie beskryf nie ‘n sondige handeling/gedagte nie; die tweede wel. Wanneer jy ‘n sondige daad bedink en oorweeg, dan het jy reeds oor die sonde-grenslyn getrap. Jesus is versoek in die vorm van die eerste definisie, behalwe dat Hy nooit deur ‘n sondige natuur verlei is nie, omdat dit nie in Sy wese in Hom bestaan het nie. Satan het sondige dade aan Jesus voorgestel, maar Hy het nooit die begeerte gehad om aan sonde deel te neem nie. Dus was Hy versoek soos ons, maar het sondeloos gebly.

Diegene wat aan feilbaarheid vashou, glo dat as Jesus nie kon sondig nie, Hy nie ware versoeking beleef het nie en daarom nie werklik simpatie met ons stryd en versoekings teen sonde kon hê nie. Ons moet onthou dat ons nie iets hoef te beleef, om dit werklik te verstaan nie. God weet alles van alles af. Al het God nooit die begeerte vir sonde gehad en nooit gesondig nie, weet en verstaan God wat sonde is. God weet en verstaan wat versoeking is. Jesus kan medelye met ons versoekings hê, want Hy wéét, nie omdat Hy alles wat ons beleef, ook ‘ervaar’ het nie.

Jesus weet wat dit is om versoek te word, maar Hy weet nie wat dit is om te sondig nie. Dit staan egter nie in Sy pad om ons te help nie. Ons word versoek deur sonde wat algemeen menslik is (1 Kor 10:13). Hierdie sondes kan in drie groepe verdeel word: “alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit” (1 Joh 2:16). Ondersoek die versoeking en sonde van Eva en ook die versoeking van Jesus en jy sal vind dat albei s’n vanuit hierdie drie kategorieë kom. Jesus was op elke manier en op elke gebied soos ons versoek, maar Hy het volmaak en heilig gebly. Ten spyte van ons sondige nature en die innerlike begeerte om deel te wees van die sondes, het ons die vermoë, deur Christus, om sonde te oorwin, want ons is nie meer slawe van die sonde nie, maar eerder slawe van God (Rom 6, veral verse 2 en 16-22).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Kon Jesus sondig? As Hy nie by magte was om sonde te doen nie, hoe kon Hy opreg ‘medelye met ons swakhede hê’ (Heb 4:15)? As Hy nie sonde kon doen nie, wat was die doel van versoeking dan?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries