settings icon
share icon
Vraag

Wat is die korrekte manier om die Bybel te bestudeer?

Antwoord


Om die betekenis van Skrif te begryp is een van die belangrikste take van ‘n gelowige in hierdie lewe. God verwag nie dat ons net Bybel moet lees nie, ons moet dit ook bestudeer en korrek gebruik (2 Timoteus 2:15). Die studie van Skrif is harde werk. Om die Bybel oorsigtelkik te lees lei tot verkeerde vertolking en misverstand. Daarom is dit belangrik om sekere beginsels te verstaan om sodoende die korrekte bedoeling van Skrif in te neem.

Die Bybel student (enigiemand) moet eerstens bid en vir die Heilige Gees te vra vir die meedeling van insig (wat een van die funksies is van die Heilige Gees), “Wanneer Hy ook al kom, die Heilige Gees van die waarheid, sal Hy julle begelei in die volle waarheid. Hy sal nie uit Homself praat nie, maar net sê wat Hy hoor. Hy sal die dinge wat gaan kom aan julle meedeel” (Johannes 16:13). Net soos die Heilige Gees die apostels gelei het toe hulle die Nuwe Testsament geskryf het, sal Hy ons ook lei in die korrekte verstaan van Skrif. Onthou, die Bybel is God se boek en ons moet Hom vra wat dit beteken. As jy ‘n Christen is, dan woon die skrywer van Skrif, die Heilige Gees, in jou en wil hê dat jy moet verstaan wat Hy geskryf het.

Twedens, ons moet nie ‘n vers uit die Skrif neem en dit dan buite verband lees nie. Ons moet altyd die hele gedeelte asook die hoofstuk lees om die korrekte konteks daarvan te kry. Alhoewel Skrif van God kom (2 Timoteus 3:16; 2 Petrus 1:21), het God mense gebruik om dit te skryf. Hierdie mense het temas in hul gedagtes gehad (wat geplaas was) en het hulle ‘n spesifieke doel daarmee gehad. Ons moet die agtergrond van die boek wat ons bestudeer lees, kyk wie dit geskryf het, wanneer dit geskryf was en hoekom dit geskryf was. Ons moet ook gedag daarop wees dat ons verse lees soos wat dit daar staan en verhoed dat ons, ons eie agendas in verse ‘inlees”.

Derdens, ons moet nie poog om op eie houtjie die studie van die Bybel te maak nie. Dit is arrogant om te dink dat ons nie die hulp van ander nodig het nie wat alreeds baie lank besig is met Bybel studie. Party mense benader die Bybel foutiewelik met die idee dat hulle net op die Heilige Gees alleen gaan vertrou om al die geheime of verbloemde waarhede van Skrif aan hulle gaan openbaar. Christus, met die voorsiening van die Heilige Gees, het verskillende gawes aan verskillende mense gegee, wat aan die liggaam van Christus behoort, sodat almal saam Sy doel kan verwesenlik. Een van hierdie gawes is onderrig (Effesiërs 4:11-12; 1 Korintiërs 12:28). Hierdie onderwysers word deur God gegee om ons te help om Skrif korrek te verstaan en dan korrek te gehoorsaam. Dit is wys om Bybel saam met ander gelowiges te bestudeer en mekaar te help met die verstaan en korrekte vertolking van die waarheid.

Opsommend, wat is korrekte studie van die Bybel? Eerstens, deur gebed en nederigheid, ons moet staat maak op die Heilige Gees om ons te help verstaan. Twedens, ons moet altyd die Bybel binne konteks lees en onthou dat die Bybel self alles verduidelik. Derdens, ons moet ander mense se Bybel studie respekteer. Onthou God is die Skrywer van die Bybel en Hy wil hê ons moet dit kan verstaan.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die korrekte manier om die Bybel te bestudeer?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries