settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor ‘n Christen wat plastiese/kosmetiese chirurgie ondergaan?

Antwoord


Die Bybel praat nie spesifiek daaroor nie. Daar is niks in die Bybel wat aandui dat dit verkeerd is nie. Daar is egter sekere dinge wat ons moet oorweeg, wanneer ons oor plastiese snykunde moet besluit. Om jou liggaam te verander, is onnatuurlik en daar is altyd die gevaar van potensiële newe-effekte, beide fisies en psigologies. Niemand moet homself “onder die mes” laat sit sonder om eers deeglik na te vors oor al die alternatiewe, gevare en newe-effekte wat daarby betrokke is nie. ‘n Persoon moet ook sy/haar volledige motivering hê, waarom hulle dit begeer. Vir baie met fisiese misvormdhede, geneties of opgedoen, is dit natuurlik om in ‘n gemeenskap in te skakel en “normaal” te voel. Daar is ook gevalle van ligte abnormaliteite wat die oorsaak is dat iemand ongemaklik voel met homself, soos ‘n baie groot of misvormde neus. Baie plastiese chirurge, indien nie almal nie, poog om emosionele leemtes op fisieke maniere te herstel, om sodoende die goedkeuring van ander mense te kry.

‘n Baie algemene kosmetiese prosedure is borsvergroting/oplig, liposuiging (die verwydering van liggaamsvet), gesigsontrimpeling, ooglid-oplig, sitvlak en ander liggaamsdele, spataarbehandelings, botoks/vet-inspuitings en neus- en gesigveranderings. Ongeveer twee miljoen mense ondergaan elke jaar hierdie tipe prosedures, spandeer geld en offer tyd en gerief op. Wanneer ydelheid ‘n persoon motiveer om chirurgie te ondergaan, raak dit ‘n afgod. Die Bybel waarsku in Fil 2:3-4 om niks uit selfsug of eersug te doen nie en om nie die aandag op onsself te trek, deur hoe ons lyk nie (1 Tim 2:9). ‘n Ander kwelling is die koste daaraan verbonde. Dit is ‘n groot oorweging, omdat die meeste mense families het en die koste van plastiese snykunde kan nooit voor die familiebehoeftes kom nie. Die Bybel leer ons ook dat ons die geld wat God aan ons toevertrou het, in wysheid moet gebruik (Spreuke 11:24-25; Lukas 16:10-12).

Die belangrikste ding om te doen alvorens ons besluit op plastiese snykunde, is om God te raadpleeg. Volgens die Bybel is God oor elke bekommernis en saak in ons lewe begaan en dus moet ons dit alles na Hom toe neem (1 Pet 5:7). Deur die wysheid en leiding van die Heilige Gees en die Woord van God, het ons die vermoë om besluite te neem wat Hom eer en plesier. Spreuke 31:30, “Uiterlike skoonheid hou nie, ‘n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien ‘n vrou om geprys te word.” Selfs die beste chirurg kan nie veroudering weens tyd keer nie en dus sal alle kosmetiese operasies op die ou end dieselfde resultaat oplewer – veroudering. Daardie liggaamsdele wat geopereer is, sal geleidelik weer agteruitgaan en die plooie sal ook weer verskyn. Dit is verreweg die beste om die binnekant van ‘n persoon mooi te maak, “Nee, julle skoonheid moet dié van die innerlike mens wees: blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waarde” (1 Pet 3:4). English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor ‘n Christen wat plastiese/kosmetiese chirurgie ondergaan?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries