settings icon
share icon
Vraag

Hoe moet ons lewe in die lig van Christus se wederkoms?

Antwoord


Ons glo dat Jesus Christus se wederkoms skielik gaan plaasvind, dat dit op enige oomblik kan plaasvind. Ons, tesame met die apostel Paulus, sien uit na “die heerlikheid van ons grote God en Verlosser, Jesus Christus” (Titus 2:13). Met die wete dat die Here vandag kan kom, stop sommige mense om te werk en ‘wag’ net vir Hom.

Daar is egter ‘n groot verskil tussen die wete dat Jesus vandag kan kom en die wete dat Hy vandag wil kom. Jesus het gesê, “Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie” (Matt 24:36). Die tyd wanneer Hy kom, is iets wat God aan niemand openbaar het nie, dus, totdat Hy ons na Hom toe roep, moet ons aanhou om Hom te dien. In Jesus se gelykenis van die tien talente, het die koning wat op reis gegaan het, sy diensknegte bevel om handel te dryf “totdat ek terugkom” (Luk 19:13).

Die wederkoms van Christus word altyd in die Skrif aangebied as ‘n groot motivering om besig te wees, nie om op te hou met werk nie. In 1 Kor 15:58 som Paulus sy lering oor die wegraping op, deur te sê, “Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here.” In 1 Tess 5:6 vat Paulus ‘n les oor die wederkoms van Christus met hierdie woorde saam: “Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons wakker bly en nugter wees.” Om in geestelike afsondering te wees en “in die bres staan” was nooit Jesus se bedoeling vir ons nie. In plaas daarvan, moet ons werk so lank as ons kan, ”die nag kom, wanneer niemand kan werk nie” (Joh 9:4).

Die dissipels het geleef en gedien met die gedagte dat Jesus in hul leeftyd sou terugkom; wat sou gebeur het as hul net gesit en wag het? Hulle sou ongehoorsaam gewees het aan Christus se opdrag, “Gaan uit, die hele wêreld in en verkondig die Evangelie aan die hele mensdom” (Mark 16:15) en die Evangelie sou nie versprei het nie. Die dissipels het verstaan dat Jesus se wederkoms beteken het, dat hulle hulself met God se werk moet besig hou. Hulle het voluit gelewe, asof elke dag hul laaste was. Ons moet ook elke dag as ‘n geskenk sien en dit gebruik tot eer van God.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe moet ons lewe in die lig van Christus se wederkoms?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries