settings icon
share icon
Vraag

Bestaan ons uit twee of drie dele? Is ons liggaam, siel en gees of liggaam en siel-gees?

Antwoord


Genesis 1:26-27 toon aan dat daar iets is wat die mens onderskei van alle ander skeppings. Mensdom was geskape met die doel om ‘n verhouding met God te hê en dit is die rede hoekom God ons geskape het met beide materialistiese en nie-materialistiese gedeeltes. Ons materialistiese deel is tasbaar soos liggaam, been, organe ens. en bestaan solank as wat ons lewe. Die nie-materialistiese gedeelte is ontasbaar soos siel, gees, intellek, wil, gewete ens. en sal bestaan na die fisiese ons lewensduur op aarde.

Alle mense besit beide materialistiese en nie-materialistiese karakteristieke. Dit is van selfsprekend dat mens ‘n liggaam besit wat uit vlees, bene, bloed en organe bestaan. Maar daar is baie debatte oor die ontasbare aspek van mens. Kom ons kyk wat die Skrif sê oor hierdie? Genesis 2:7 vertel ons dat die mens geskape is met ‘n lewende siel. Númeri 16:22 (English King James version) verwys na God as die “God van geeste” menende, alle mense is ook geeste of dan besit ‘n gees. Spreuke 4:23 vertel ons, “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe” wat aantoon dat hart die sentrale wil en emosies van mense is. Handelinge 23:1 sê, “Paulus het die lede van die Joodse Raad vierkantig in die oë gekyk en gesê: "Broers, ek het heeltemal 'n skoon gewete oor hoe ek tot vandag toe my lewe in diens van God gelei het." Hier verwys Paulus na sy gewete, die deel van ons brein wat ons lei na wat reg en wat verkeerd is. Romeine 12:2 stel, “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is”. Hierdie verse en baie ander verwys na die nie-materialistiese deel van mens-wees. Ons almal het beide materialistiese en nie-materialistiese karakteristieke.

Skrif toon duidelik aan ons dat daar baie meer is as net siel en gees. Dit wys ons dat siel, gees, hart, gewete en brein op een of ander manier gekoppel en van mekaar inter-afhanklik is. Die siel en gees is beslis die nie-materialistiese deel van menswees en dit omvat al die ander aspekte of dele. Met hierdie in gedagte, is mensdom dus digotomies in twee gedeel (liggaam en siel/gees) of dan wel trigotomies (liggaam, siel en gees). Dit is onmoontlik om dogmaties te wees en daar is goeie argumente vir beide sieninge. Die kern vers is Hebreërs 4:12, “Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart”. Hierdie vers vertel ons twee dinge i.v.m ons debat, dat die siel en gees kan wel geskei word en dat God tussen hierdie twee dele kan onderskei. Instede van om te fokus op iets wat ons nie met alle sekerheid kan weet nie moet ons eerder op God fokus, Hy wat ons op ‘n “wonderbaarlike wyse” geskape het (Psalm 139:14).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Bestaan ons uit twee of drie dele? Is ons liggaam, siel en gees of liggaam en siel-gees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries