settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken die frase in 1 Tim 3:2, “getrou aan sy vrou”? Kan ‘n geskeide man as prediker, ouderling of diaken dien?

Antwoord


Daar is ongeveer drie interpretasies van hierdie frase “getrou aan sy vrou” (1 Tim 3:2). 1) Dit sou eenvoudig kan beteken dat ‘n poligamis nie kwalifiseer vir ‘n ouderling, diaken of predikant nie. Dit is die mees algemene interpretasie, maar bietjie onwaarskynlk, in ag genome dat poligamie baie seldsaam was in Paulus se tyd toe hy dit geskryf het. 2) Die frase kan ook vertaal word as “eenvrou-man.” Dit sou impliseer dat ‘n biskop absoluut lojaal teenoor die vrou met wie hy getroud is, moes wees. Hierdie interpretasie fokus meer op morele reinheid as huwelikstatus. 3) Die frase kan ook verstaan word, dat om ‘n ouderling/diaken/predikant te wees, kan ‘n man net eenkeer getroud wees, anders as in die geval van ‘n wewenaar wat weer getrou het.

Interpretasies 2 en 3 is die mees algemene hedendaags. Interpretasie 2 lyk na die sterker een, aangesien die Skrif soms egskeiding in uitsonderlike gevalle toelaat (Matt 19:9, 1 Kor 7:12-16). Dit sou ook belangrik wees om onderskeid te tref tussen ‘n man wat geskei is en weer getrou het, nadat hy ‘n Christen geword het. ‘n Anders gekwalifiseerde man behoort nie van die kerkleierskap uitgesluit te word, as gevolg van dinge wat hy gedoen het, voordat hy die Here Jesus Christus as Sy Verlosser leer ken het nie. Alhoewel 1 Tim 3:2 nie noodwendig ‘n geskeide of ‘n man wat weer getrou het, as ouderling/diaken/predikant uitsluit nie, is daar tog ander dinge om in ag te neem.

Die eerste kwalifikasie van ‘n ouderling/diaken/prediker is om “onberispelik” te wees (1 Tim 3:2). As die egskeiding en/of hertrou ontaard in ‘n swak getuienis vir die man in die kerk of gemeenskap, mag dit die “onberispelik” kwalifikasie wees wat hom uitsluit, eerder as die “getrou aan sy vrou” vereiste. ‘n Ouderling/diaken/predikant is iemand na wie die kerk en gemeenskap moet kan opkyk as ‘n voorbeeld van Christusgelykheid en goddelike leierskap. As sy egskeiding- en/of hertrou -situasie hom van hierdie doelwit ontspoor, dan behoort hy miskien nie in hierdie posisie te dien nie. Dit is belangrik om te onthou, dat net omdat iemand gediskwalifiseer is om as kerkleier te dien, hy tog nog steeds ‘n waardevolle lidmaat van die liggaam van Christus is. Elke Christen besit geestelike gawes (1 Kor 12:4-7) en is geroep om ander gelowiges met daardie gawes op te bou (1 Kor 12:7). ‘n Man wat gediskwalifiseer is van die posisie as ouderling/diaken/predikant kan steeds onderrig, preek, dien, bid, aanbid en speel ‘n belangrike rol in die kerk.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken die frase in 1 Tim 3:2, “getrou aan sy vrou”? Kan ‘n geskeide man as prediker, ouderling of diaken dien?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries