settings icon
share icon
Vraag

Is die mens se siel sterflik of onsterflik? Het elke mens ‘n ewige siel? Of, ontvang ons ewige siele as God ons red?

Antwoord


Die mens se siel is sonder twyfel onsterflik. Dit word duidelik op baie plekke in die Ou en Nuwe Testamente gesien: Ps 22:26; 23:6; 49:7-9; Pred 12:7; Dan 12:2-3; Matt 25:46 en 1 Kor 15:12-19. Dan 12:2 sê, “Baie van dié wat ontslaap het, sal uit die graf opstaan, party tot die ewige lewe en party tot ewige skande en veragting.” Jesus self het gesê dat die sondaars ”sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe” (Matt 25:46). Dieselfde Griekse woord word vir beide “straf” (punishment) en “lewe” gebruik en dit is duidelik dat beide, die sondaar en die regverdige ‘n ewige/onsterflike siel het.

Die foutlose leer van die Bybel is ‘n bewys dat alle mense, gered of verlore, sal vir ewig bestaan, in die hel of in die hemel. Ware lewe of geestelike lewe hou nie op wanneer ons vleeslike liggame doodgaan nie. Ons siele sal vir ewig leef: indien ons gered is, in die teenwoordigheid van God in die hemel of in vervloeking in die hel, as ons God se geskenk van redding verwerp het. Die Bybel belowe dat nie net ons siele vir ewig sal lewe nie, maar ook ons liggame sal opgewek word. Hierdie hoop op ‘n liggaamlike opwekking is die hart van die Christelike geloof (1 Kor 15:12-19).

Aangesien alle siele onsterflik is, is dit belangrik om te onthou dat ons nie op dieselfde wyse as God ewig is nie. God is die enigste ware ewige wese, omdat Hy sonder ‘n begin of ‘n einde is. God het altyd bestaan en sal altyd aanhou om te bestaan. Alle ander kreature met gevoel, mense of engele, het ‘n einde, aangesien hul ‘n begin gehad het. Ons siele leef vir altyd, vandat ons begin bestaan het, maar die Bybel onderskryf nie die konsep dat ons siele altyd bestaan het nie. Ons siele is onsterflik, want God het hul so geskep, maar hul het ‘n begin gehad, want daar was ‘n tyd dat hulle nie bestaan het nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is die mens se siel sterflik of onsterflik? Het elke mens ‘n ewige siel? Of, ontvang ons ewige siele as God ons red?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries