settings icon
share icon
Vraag

Hoe word menslike siele geskep?

Antwoord


Daar is twee Bybelse geloofwaardige siening, rakende die skepping van die menslike siel. Volgens die teorie van Traducianisme word die siel gegenereer deur die fisiese ouers, tesame met die fisiese liggaam. Steun vir hierdie teorie is as volg: (A) In Gen 2:7 het God die lewensasem in Adam ingeblaas, wat veroorsaak het dat Adam ‘n “lewende siel” geword het. Die Skrif praat nêrens dat God weer hierdie aksie uitgevoer het nie. (B) Adam het ‘n seun na sy gelyke (Gen 5:3). Adam se nasate was “lewende siele” sonder dat God asem in hul geblaas het. (C) Gen 2:2-3 dui aan dat God Sy skeppingswerk gestop het. (D) Adam se sonde affekteer alle mense – beide fisies en geestelik – dit maak sin, indien die liggaam en siel beide van die ouers af kom. Die swakheid van Traducianisme is dat dit onduidelik is hoe ‘n geestelike siel, deur ‘n totale fisiese proses geskep kan word. Traducianisme kan slegs waar wees, indien die liggaam en siel onlosmaaklik gekoppel is.

Kreasionisme is die siening dat God ‘n nuwe siel skep tydens bevrugting. Kreasionisme is deur baie vroeë kerkvaders gehandhaaf en het ook Skriftuurlike steun. Eerstens onderskei die Skrif tussen die oorsprong van die siel en die oorsprong van die liggaam (Pred 12:7; Jesaja 42:5; Hebr 12:9). Tweedens, indien God elke individuele siel skep op die oomblik wanneer dit nodig is, is die skeiding van siel en liggaam aanvaarbaar. Die swakheid van hierdie teorie is dat God aanhoudend nuwe siele moet skep, terwyl Gen 2:2-3 aandui dat God klaar geskep het. So ook, sedert die hele menslike bestaan – liggaam, siel en gees – deur sonde besmet is en God ‘n nuwe siel vir elke mens skep, hoe is dit moontlik dat die siel met sonde besmet is?

‘n Derde siening, maar een wat Bybelse steun kortkom, is die konsep dat God alle menslike siele op dieselfde tyd geskep het en op die oomblik van bevrugting, word die siel gekoppel. Dit sou beteken dat daar in die hemel ‘n tipe van ‘n “opbergingsplek” vir siele moes wees. Hierdie siening is nie Bybels nie en word gewoonlik ondersteun deur ‘n “new age” of reïnkarnasie denkwyse.

Beide die Traducianis en die Kreasionis stem saam dat die siel nie voor bevrugting bestaan nie. Dit lyk na ‘n duidelike lering van die Bybel. Indien God ‘n nuwe menslike siel op die oomblik van bevrugting skep of as God die menslike reproduktiewe proses so ontwerp het dat dit ook ‘n siel kan voortbring, is God beslis verantwoordelik vir die skepping van ieder en elke menslike siel.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe word menslike siele geskep?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries