settings icon
share icon
Vraag

Wat is die merk van die dier (666)?

Antwoord


Die hoofgedeelte in die Bybel, wat van die merk van die dier praat, is Openbaring 13:15-18. Ander verwysings is in Open 14:9,11, 15:2, 16:2, 19:20 en 20:4. Hierdie merk is soos ‘n seël vir die volgelinge van die Antichris en die valse profeet (die woordvoerder vir die Antichris). Die valse profeet (die tweede dier) is die een wat mense oorreed om hierdie merk te neem. Die merk word letterlik in die hand of voorkop geplaas en is nie net ‘n kaart wat iemand dra nie.

Die onlangse tegnologiese deurbraak van die mediese inplantingskyf het belangstelling vermeerder, rakende die merk van die dier. Is dit moontlik dat die tegnologie van vandag die beginstappe verteenwoordig van wat uiteindelik die merk van die dier mag wees? Dit is belangrik om te besef dat hierdie inplantingskyf nie die merk van die dier is nie. Die merk van die dier is iets wat net aan diegene gegee word, wat die Antichris aanbid. Om ‘n mediese of finansiële mikroskyfie in jou regterhand of voorkop te laat insit, is nie die merk van die dier nie. Dit is ‘n eindtyd-vorm van identifikasie wat deur die Antichris vereis word, met die doel om te koop of te verkoop en net diegene wat hom aanbid, sal dit kry.

Baie goeie verklaarders van Openbaring verskil baie wyd oor die presiese aard van die dier. Behalwe die inplantingskyf, spekuleer ander oor die identiteitsdokument, ‘n mikroskyfie, ‘n strepieskode wat in die vel getatoeëer is of eenvoudig ‘n merk wat iemand identifiseer, dat hy of sy lojaal is teenoor die Antichris se koninkryk. Hierdie laaste siening vereis die minste spekulasie, aangesien dit nie enigsins meer inligting toevoeg tot wat die Bybel ons gee nie. Met ander woorde, enige van hierdie dinge is moontlik, maar terselfdertyd is dit net spekulasie. Ons moet nie baie tyd aan die details daarvan spandeer nie.

Die betekenis van 666 is ook ‘n misterie. Sommige het gespekuleer dat daar ‘n konneksie met 6 Junie, 2006-06/06/06 was. Tog, in Openbaring 13 identifiseer die nommer 666 ‘n persoon, nie ‘n datum nie. Open 13:18 vertel vir ons, “Hier is wysheid nodig. Wie verstand het, kan die getal van die dier ontsyfer, want dit is ‘n mens se getal. Sy getal is 666.” Op een of ander wyse identifiseer dit die Antichris. Vir eeuelank het die Bybelse interpreteerders probeer om sekere individue met 666 te identifiseer. Niks is afdoende bewys nie. Dit is waarom Openbaring 13:18 sê dat wysheid nodig is. Wanneer die Antichris openbaar word (2 Tess 2:3-4), sal dit duidelik wees wie hy is en hoe die nommer 666 hom identifiseer.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die merk van die dier (666)?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries