settings icon
share icon
Vraag

Wat is die regte metode van doop?

Antwoord


Die eenvoudigste antwoord op hierdie vraag word gevind in die betekenis van die woord “doop”. Dit kom van ‘n Griekse woord wat “onderdompel in water” beteken. Dus, doop deur besprinkeling of deur nat te gooi is ‘n oksimoron, wat beteken dat twee teenoorgestelde begrippe met mekaar verbind word. Doop deur besprinkeling sou beteken “om iemand te onderdompel deur water op hom te sprinkel.” Doop se werklike betekenis is dat dit ‘n aksie van onderdompeling in die water is.

Doop illustreer ‘n gelowige se identifikasie met Christus se dood, begrafnis en opstanding. “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in Sy dood gedoop is nie? Deur die doop is ons immers saam met Hom in Sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die heerlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so ‘n nuwe lewe kan lei” (Rom 6:3-4). Die aksie van onderdompeling in die water beeld uit om te sterf en saam met Christus op te staan. Die aksie van uit die water opkom, illustreer Christus se opstanding. Doop deur onderdompeling is die enigste metode wat illustreer om saam met Christus begrawe te wees en saam met Hom weer op te staan. Doop deur besprinkeling of om nat te gooi, is ‘n onbybelse praktyk van die babadoop.

Doop deur onderdompeling is die Bybelse metode van identifisering met Christus en is nie (soos sommige glo) ‘n voorvereiste vir redding nie. Dit is eerder ‘n handeling van gehoorsaamheid, ‘n publieke erkenning van geloof in Christus en identifikasie met Hom. Doop is die uitbeelding van ‘n ou lewe (mens) wat ‘n nuwe skepsel word (2 Kor 5:17). Doop deur onderdompeling is die enigste metode wat volledig uitbeeld dat daar radikale verandering plaasgevind het.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die regte metode van doop?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries