settings icon
share icon
Vraag

Wat word bedoel met ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde?

Antwoord


Baie mense het ‘n wanindruk hoe die hemel werklik is. Openbaring hoofstuk 21 en 22 bied aan ons ‘n duidelike prentjie van die nuwe hemel en die nuwe aarde. Na die gebeurtenis van eindtyd sal daar weggedoen word met die huidige aarde en huidige hemel en sal dit vervang word met ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde. Die plek waar gelowiges die ewigheid sal deurbring is die nuwe aarde. Die nuwe aarde is die “hemel” waar ons in ewigheid sal bly. Dit is die nuwe aarde waar die nuwe Jerusalem, die hemel se stad, sal wees. Die nuwe aarde is waar die ingang van pêrels en strate van goud is.

Hemel, die nuwe aarde, is ‘n fisiese plek waar ons sal lewe in ons glorieryke fisiese liggame (I Korinthiërs 15:35-58). Die konsep dat die hemel in die wolke is, is nie Bybels nie. Die konsep dat ons “geestelike wese” sal wees wat in die hemel rond beweeg is ook on-Bybels. Die nuwe aarde sal vry wees van sonde, euwel, siektes, lyding en dood. Dit sal soortgelyk wees aan ons huidige aarde of selfs ‘n herskepping van ons huidige aarde maar sal sonder die vloek van sonde.

Wat van die nuwe hemel? Dit is belangrik om te onthou dat die outydse volke na die hemel verwys het as die lugruim en die plek waar God beweeg. So, wanneer in Openbaring 21:1 verwys na ‘n nuwe hemel is dit ‘n moontlike verwysing dat die heelal van nuut geskep sal word ongeag of dit fisies en of geestelik is. Hierdie is moontlik, maar ons sal wel eendag uitvind of ons ook toegang sal hê tot ‘n nuwe hemel. Mag God se Woord ons in hierdie aspek van ‘n nuwe hemel lei tot volle verstaan daarvan.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat word bedoel met ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries