settings icon
share icon
Vraag

Hoe kommunikeer ons met God deur middel van gebed?

Antwoord


Om die aard van God se kommunikasie met ons te verstaan en ons s’n met Hom, is dit nodig om met ‘n paar voorbeelde van waarhede te begin. Eerstens is dit so dat God slegs waarheid praat. Hy praat nooit leuens nie en Hy mislei ons nooit nie. Job 34:12 sê, “Dit is vir God werklik onmoontlik om verkeerd te doen, vir die Almagtige om die reg te verdraai.” Die tweede voorbeeld is dat die Bybel God se werklike woorde is. Die Griekse word vir “Skrif”, “graphe” word 51 keer in die Nuwe Testament gebruik, om die Ou Testamentiese geskrifte te verduidelik. Paulus bevestig in 2 Tim 3:16 dat hierdie woorde letterlik “deur God geïnspireer” is. Die word “graphe” word ook aangewend ten opsigte van die Nuwe Testament, spesifiek waar Petrus die briewe van Paulus “Skrif” noem, in 2 Pet 3:16 en ook waar Paulus in 1 Tim 4:18 Jesus se woorde aanhaal, soos dit in Lukas 10:7 geskryf staan en dit “Skrif” noem. Dus, wanneer ons vind dat ‘n Nuwe Testamentiese geskrif in die spesifieke kategorie van “Skrif” geplaas word, dan is ons reg as ons 2 Tim 3:16 daarby voeg en sê dat daardie geskrif die kenmerke het, wat Paulus tot die “hele Skrif” toevoeg. Dit is “geïnspireer deur God en al die woorde is werklik God se woorde.

Hoekom is hierdie inligting saaklik ten opsigte van gebed? Noudat ons gevind het dat God net waarheid praat en dat die Bybel God se werklike woorde is, kan ons tot die volgende twee gevolgtrekkings oor kommunikasie met God, kom. Eerstens, in Ps 17:6,77:1; Jes 38:5 sê die Bybel dat God die mens hoor en die mens kan seker wees dat, wanneer hy in die regte verhouding met God staan en met God praat, sal God hom hoor. Tweedens, die Bybel is God se woorde en die mens kan seker wees dat, as hy in die regte verhouding met God is en hy die Bybel lees, hy letterlik God se gesproke woord hoor. Die regte verhouding met God, wat nodig is vir gesonde kommunikasie tussen God en die mens, word op drie maniere bewys. Die eerste is om van sonde af weg te draai of te bely. Ps 27:9, byvoorbeeld, is die pleidooi van Dawid dat God hom moet hoor en nie Sy rug op hom moet draai nie. Hieruit weet ons dat God Sy gesig wegdraai van die mens se sonde en dat sonde die kommunikasie tussen God en die mens verhinder. ‘n Ander voorbeeld is in Jes 59:2, waar Jesaja vir die mense vertel, “Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en na julle wil luister nie.” Dus, wanneer daar onbelyde sondes in ons lewens is, sal dit ons kommunikasie met God verhinder.

‘n Nederige hart is ook nodig vir kommunikasie. In Jes 66:2 spreek God hierdie woorde, “Ek slaan ag op die mens in nood, op dié een wat berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord.” Die derde ding is ‘n regverdige lewe. Dit is die positiewe kant van omdraai van sonde af en word spesifiek gekenmerk deur effektiwiteit in gebed. In Jak 5:16 lees ons, “Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.”

Ons spraakgebruik teenoor God kan mondelings, in ons gedagtes of geskrewe wees. Ons kan seker wees dat Hy ons hoor en dat die Heilige Gees ons sal help om te bid, soos ons behoort te bid. Rom 8:26 sê, “Die Gees staan ons ook in ons swakheid by; ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.” So ver as God se metode van kommunikasie met ons strek, moet ons hoofsaaklik kyk wat God deur Sy Woord vir ons sê, eerder as wat ons vertrou dat God direk in ons gedagtes met ons sal praat, oor spesifieke besluite of gebeure. As gevolg van ons vermoë om onsself te bedrieg, is dit nie wys om te glo dat elke gedagte wat by ons opkom, van God afkomstig is nie. Soms, in spesifieke situasies praat God nie direk met ons vanuit die Skrif nie en dan is dit verstaanbaar as ons na ander Bybelse openbaringe soek. Tog is dit wys om te vermy om woorde in God se mond te sit/of onsself oop te stel vir misleiding – om antwoorde te vind, deur te verwys na Bybelse beginsels, wat Hy alreeds vir ons gegee het.

Dit is ook aan te beveel om ernstig vir wysheid te bid, om tot die regte gevolgtrekking te kom, aangesien Hy wysheid belowe het aan diegene wat Hom ernstig soek. “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal, sonder voorbehoud en sonder verwyt” (Jak 1:5). Hoe is dit om deur middel van gebed met God te kommunikeer? Gebed is om vanuit ons harte met ons hemelse Vader te praat en op Sy beurt, praat God weer deur Sy Woord met ons, deur die leiding van Sy Gees. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kommunikeer ons met God deur middel van gebed?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries