settings icon
share icon
Vraag

Wat is die oorsprong van al die verskillende rasse?

Antwoord


Die Bybel gee nie vir ons uitdruklike verduideliking van die oorsprong van al die verskillende “rasse” nie, of vir die verskillende vel kleure nie. In werklikheid is daar net een ras – die mens ras. Binne mensdom is daar egter ‘n verskydenheid van vel kleure en ander fisiese karakteristieke. Party spekuleer dat toe God die taal verwar het tydens die bou van Babel (Genesis 11:1-9) het Hy ook al die verskille tot stand gebring. Dit is moontlik dat God genetiese veranderinge tot stand gebring het omsodoende mense beter toe te rus om ekologie te oorbrug soos byvoorbeeld donker velle vir Afrika sodat hulle die oormatige hitte van Afrika beter kan weerstaan. Volgens hierdie siening het God die taal verwar en so ‘n skeiding bewerkstellig in kommunikasie te verbreek en toe genetiese verskille te weeg gebring wat ons vandag kan waarneem. Die rasse / vel kleure van mensdom word nêrens in die Bybel genoem die.

Na die vloed toe die verskillende tale tot stand gekom het, het die groepe uitmekaar gegaan en die wat dieselfde taal praat het hulle bymekaar geskaar. Om hierdie rede het die gene poel van ‘n spesifieke groep aansienlik kleiner geword en het hulle nie meer met die algehele groep gemeng nie. ‘n Vorm van inteling het toe plaasgevind en met tyd het sekere kenmerke meer prominent geword van groep tot groep (hierdie kenmerke het alreeds as ‘n moontlikheid in die genetiese poel van die groep bestaan). Soos verdere inteeling met tyd plaasgevind het, het die gene poel al hoe kleiner en kleiner geword tot en met die plek waar een taal-familie dieselfde eienskappe besit het.

Nog ‘n verduideliking is dat Adam en Eva gene besit het wat swart, bruin of wit kinders (asook alles tussen in) kon voortbring. Soos byvoorbeeld dat gemengde pare partykeer kinders het wat van vel kleur verskil. Dit is egter duidelik dat God ‘n mensdom wou gehad het met al hierdie verskillende eienskappe. Dus maak dit mos sin dat Hy vir Adam en Eva die vermoë toegeken het om kinders van verskillende vel kleure te kan hê. Die enigste oorlewenis van die vloed was Noag, sy vrou en hul drie seuns met hul vroue – agt in totaal (Genesis 7:13). Miskien was Noag se drie skoondogters van verskillende rasse. Dit is ook moontlik dat Noag se vrou ‘n ander ras as hy was. Miskien was al agt van hulle van verskillende rasse wat sou beteken dat hulle die gene besit het om verskillende kinders voort te bring. Wat ook al die verduideliking is, is die mees belangrikste dat ons almal een ras is, almal is deur God geskape, almal is vir een doel geskape – om Hom te verheerlik.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die oorsprong van al die verskillende rasse?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries