settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Openbaring?

Antwoord


Die woord “openbaring” kom vanaf die Griekse word “apocalupsis” en dit beteken “om die sluier weg te neem, openbaar te maak, ontsluit.” Daar word soms na die Boek van Openbaring verwys as die “Openbaring van Johannes”, omdat God die eindtye aan die apostel Johannes geopenbaar het. Verder is die Griekse woord vir “openbaring” die heel eerste woord in die Griekse geskrif van die Openbaringboek. Die frase “apokaliptiese literatuur” is gebruik om deur middel van simbole, beelde en getalle toekomstige gebeure uit te beeld. Buiten Openbaring is daar nog voorbeelde van apokaliptiese literatuur in die Bybel soos Daniël 7-12, Jesaja 24-27, Esegiël 37-41 en Sagaria 9-12.

Waarom is die apokaliptiese literatuur met so baie simboliek en verbeelding geskryf? Toe dit geskryf is, was dit meer taktvol om die boodskap te verbloem deur middel van beelde en simboliek, as wat dit in gewone taal gedoen sou word. Verder, die simboliek skep ‘n element van mistiek rondom inligting van tyd en plek. Die doel van sulke simboliek was egter nie om verwarring te veroorsaak nie, maar eerder om die volgelinge van God te bemoedig en te lei in moeilike tye.

Behalwe die spesifieke Bybelse betekenis van “apokalips”, is dit ook dikwels gebruik om te verwys na die eindtye in die algemeen of na die laaste eindtye meer spesifiek. Eindtydgebeure, soos die tweede koms van Christus en die slag van Armageddon, is soms ook na verwys as die Apokalips. Laasgenoemde sal dan die uiteindelike openbaring van God wees, Sy vloek, Sy oordeel en bo alles, Sy liefde. Jesus Christus is die opperste of hoogste “apokalips” van God, toe Hy God aan ons geopenbaar het (Joh 14:9, Hebr 1:2).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Openbaring?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries