settings icon
share icon
Vraag

Wat is die ouderdom van die aarde? Hoe oud is die aarde?

Antwoord


Gegewe die feite in die Bybel was Adam geskape op die sesde dag van ons planeet se ontstaan en daarom kan ons ‘n bybels gebaseerde ouderdom vir die aarde bepaal deur na chronologiese detail van mensdom te kyk. Met hierdie word daar aanvaar dat die Genesis se rekenskap akkuraat is en dat ses dae wel 24 uur dae beteken. Ons neem ook aan dat daar geen gapings in die chronologiese vervatting van Genesis bestaan nie.

Die stamboom wat in Genesis hoofstukke 5 en 11 gelys word verskaf die ouderdomme van Adam en sy nageslagtes tot by Abraham. Deur te bepaal waar Abraham in die geskiedenis pas en deur die ouderdomme in Genesis 5 en 11 bymekaar te tel kan ons dus sien dat die aarde dus ongeveer 6000 jaar oud is. Plus minus a paar honder jaar.

Maar wat dan van die biljoen jare wat meeste wetenskaplikes van vandag leer in meeste van ons onderig institute? Hierdie aantal jare (biljoene) word hoofsaaklik bepaal deur twee daterings metodes naamlik radiometriese dateering and geologiese tydskale. Wetenskaplikes wat ‘n jong aarde leer (6000 jaar) vertel ons dat radiometriese datering foutief is omrede dit gebaseer word op foutiewelike aannames, hulle sê ook dat geologiese datering foutief is deurdat die “ou-aarde” wetenskaplikes kringloop redenering toepas. Hulle ontmasker “ou-aarde” stories soos byvoorbeeld dat dit baie lang periodes neem vir laagvorming, fosielvorming en die formasie van diamante, kole. olie, stalaktiete ... ens om te ontwikkel. Die jong-aarde benadering verskaf positiewe bewyse vir ‘n jong aarde, maar die selfde tyd word die ou-aarde bewyse gereeld ontmasker. Die jong-aarde wetenskaplikes erken dat hulle in die minderheid is maar stel dat hulle nommers by die dag groei soos daar weer gekyk word na al die ou-aarde bewyse.

Maar ons moet aanvaar dat op hierdie stadium dat daar geen onbewiste bewyse bestaan wat ons die aarde se ouderdom kan voorsien nie. Of dit nou 6000 jaar is of ‘n paar miljoen jaar rus elk se standpunt op sekere aannames en geloof. Die wat aan biljoen jare vasklou vertrou op hul radiometriese datering en glo dat niks in die geskiedenis van die aarde die radio-isotope kon beinvloed het nie. Die wat glo in 6000 jaar vertrou op die Bybel as die waarheid en sê dat Noag se vloed faktore beinvloed wat dus net lyk of die wereld ouer is. ‘n Voorbeeld is Adam en Eva op die dag van hulle skepping, ‘n dokter sou mos hulle op plus minus 20 jaar oud geskat het en die ‘n paar minute nie. Maak nie saak watter stand punt ingeneem word nie, dit is die beste om op God se Woord te vertrou eerder as ateiste wat evolusie verkondig en verwerp dat daar ‘n Skepper is.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die ouderdom van die aarde? Hoe oud is die aarde?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries