settings icon
share icon
Vraag

Is daar enige ouderdomsbeperking aan ons lewens gekoppel?

Antwoord


Baie mense verstaan Gen 6:3 as ‘n 120 jaar ouderdomslimiet vir mense, “Toe sê die Here: ‘My Gees sal nie meer so lank in die mens bly nie, want hy is sterflik. Sy lewensduur sal nou honderd en twintig jaar wees’”. Genesis 11 vertel egter van verskeie mense wat ouer as 120 geword het. Sommige mense meen tog dat Gen 6:3 as ‘n algemene reël toegepas kan word. Na die Vloed het die lewensduur dramaties begin krimp (vergelyk Gen 5 met Gen 11) en het uiteindelik laer as 120 gekrimp (Gen 11:24). Sedert daardie tyd het baie min mense ouer as 120 jaar geword.

‘n Ander interpretasie wat meer in lyn met die konteks is, is dat Gen 6:3 God se verklaring is dat die Vloed 120 jaar na sy aankondiging sou plaasvind. Die beëindiging van die mens se dae is ‘n verwysing na die verwoesting van die mens self in die Vloed. Sommige het ‘n probleem hiermee, na aanleiding van die feit dat God Noag beveel het om die ark te bou, toe Noag 500 jaar oud was (Gen 5:32) en Noag was 600 jaar toe die Vloed gekom het (Gen 7:6); slegs 100 jaar wagtyd, nie 120 nie. Verderaan, Gen 5:32 is nie die tyd dat God vir Noag beveel het om die ark te bou nie, maar dui eerder Noag se ouderdom aan, toe hy pa van sy drie seuns geword het. Dit is heeltemal aanvaarbaar dat God die Vloed in die verloop van 120 jaar bepaal het en toe ‘n paar jare gewag het, voordat Hy Noag beveel het om die ark te bou. Wat die geval ook mag wees, die 100 jare tussen Gen 5:32 en 7:6 weerspreek glad nie die 120 jaar van Gen 6:3 nie.

Verskeie honderd jare na die Vloed, het Moses verklaar, “ Ons lewe maar sewentig jaar, of, as ons baie sterk is, tagtig, en dié is vol swaarkry en leed. Dit is gou verby, ons vlieg na ons einde toe” (Ps 90:10). Geeneen van Gen 6:3 of Ps 90:10 is ouderdomsperke wat deur God vir mense vasgestel is nie. Gen 6:3 is ‘n voorspelling van die tydsrooster vir die Vloed. Ps 90:10 is ‘n blote stelling dat mense in die algemeen tussen 70-80 jaar lank leef (wat vandag nog steeds waar is).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is daar enige ouderdomsbeperking aan ons lewens gekoppel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries