settings icon
share icon
Vraag

Wat is plaasvervangende versoening?

Antwoord


Plaasvervangende versoening verwys na die feit dat Jesus in ons plek gesterf het. Die Bybel leer ons dat almal sondaars is (Romeine 3:19-18, 23). Die prys vir sonde is dood. Romeine 6:23 verklaar, “Want wat die sonde uitbetaal, is die dood. Maar God se genadegeskenk is die ewige lewe wat ons deel word deur Christus Jesus ons Here!”.

Hierdie Bybel vers verduidelik ons verskeie dinge. Sonder Christus sal ons dood gaan en die ewige lewe in hel deurbring as betaling vir ons sondes. Dood word in die Bybel gewys as “afsondering”. Almal sal dood gaan, maar party sal vir altyd in die hemel saam met die Here lewe, terwyl ander vir altyd hel toe sal gaan. Die dood wat hiervan gepraat word is lewe in hel. Die twede ding wat hierdie vers vir ons vertel is dat ewige lewe moontlik is deur Jesus Christus. Hierdie beteken dat Hy vir ons sondes instaan.

Jesus Christus het gesterf in ons plek toe Hy gekruisig was. Ons moes eintlik self gekruisig gewees het want ons was tog immers die wat gesondig het. Maar Jesus het die straf op Homself geneem in ons plek – Hy het Homself in ons plek geplaas - en vir ons sondes betaal. “God het Hom wat nie sonde geken het nie, sonde gemaak ter wille van ons sodat ons, op grond van ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan word” (1 Korintiërs 5:21).

“Hy het self ons sondes in Sy liggaam weggedra kruis toe. So is ons vry van die sonde. Nou kan ons lewe omdat God ons verhouding met Hom herstel het. Deur sy verwonding is julle genees!” (1 Petrus 2:24). Hier sien ons weer dat Christus ons sondes op Homself geneem het en sodoende die prys daarvoor betaal het. ‘n Paar verse verder lees ons, “Ook Christus het so gely toe Hy vir eens en vir altyd vir ons sondes gesterf het. Hy het nooit enige sonde gedoen nie, maar Hy het vir sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom” (1 Petrus 3:18). Hierdie verse vertel ons nie net dat Jesus vir ons sondes ingestaan het nie, maar ook dat Hy die prys betaal het sondige mense.

Een gedeelte wat oor die instaan van sondes praat word in Jesaja 53:5 genoem. Hierdie vers vertel dat Jesus sal kom en dat Hy aan die kruis vir ons sondes sal sterf. Hierdie profesie is baie duidelik en die kruisiging het gebeur net soos dit voorspel was. “Hy is geslaan en gepynig ter wille van ons sondes. Hy is gestraf sodat ons in vrede kon leef. Hy is geslaan sodat ons gesond kan word”. Neem kennis van die instaan. Hier sien ons weer die prys wat Jesus vir ons betaal het!

Die enigste manier hoe ons vir ons eie sondes kan betaal is om gestaf te word en hel toe gestuur te word. Maar God se Seun, Jesus Christus, het aarde toe gekom om die prys te betaal vir ons sondes. Omrede Hy hierdie gedoen het, het ons dus die geleentheid om van ons sondes vergewe te word asook om die ewige lewe saam met Hom deur te bring. Om aan hierdie deel te hê, moet ons glo dat Jesus vir ons sondes op die kruis gesterf het. Ons kan onsself nie red nie, Jesus moes vir ons instaan. Die dood van Jesus Christus is plaasvervangende versoening.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is plaasvervangende versoening?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries