settings icon
share icon
Vraag

Wat is die regte geloof vir my?

Antwoord


Mense hou van kitskos restaurante omdat mens kos kan bestel presies soos jy dit wil hê. Party koffiekroeë spog met meer as ’n honderd verskillende geure en variasies koffie. Selfs wanneer jy ’n huis of motor koop, kan jy een kies wat voldoen aan al die vereistes en opsies wat jy verlang. Ons lewe nie meer net in ’n sjokolade, vanilla en aarbei wêreld nie… keuse is koning! Jy kan enige iets kry presies soos jy dit wil hê, volgens jou smaak en behoefte.

Hoekom dan nie ’n geloof wat net reg is vir jou nie? Wat van ’n geloof met geen skuldgevoelens, wat niks van jou vereis nie en wat nie ’n klomp moets en moenies het nie? Hierdie soort geloof is iewers daarbuite beskikbaar, maar is geloof regtig iets wat jy kan kies soos ’n gunsteling geur roomys?

Die mededinging vir ons aandag is sterk so hoekom moet iemand Jesus bo, byvoorbeeld, Mohammed of Confucius, Boeddha, of Charles Taze Russel of Joseph Smith, kies? Gaan alle paaie nie op die ou einde Hemel toe nie? Is alle gelowe nie maar basies dieselfde nie? Die waarheid is dat alle gelowe nie na die Hemel toe lei nie, net soos alle paaie nie Indiana toe lei nie. Dit is slegs Jesus wat met God se gesag praat, omdat slegs Jesus die dood oorwin het. Mohammed, Confucius en die ander is tot vandag toe steeds in hulle grafte terwyl Jesus met sy eie krag, drie dae nadat hy aan ’n Romeinse kruis gesterf het, van die graf af weggeloop het. Enigeen met mag oor die dood verdien ons aandag. Enigeen met mag oor die dood verdien om gehoor te word.

Die bewyse vir Jesus se opstanding is oorweldigend. Daar was, in die eerste plek, meer as 500 mense wat die opgestane Jesus gesien het. Dit is ’n klomp ooggetuies! Vyfhonderd stemme kan nie geïgnoreer word nie. Dan is daar die leë graf – Jesus se vyande kon baie maklik alle praatjies oor die opstanding gestop het as hulle Sy dooie, ontbindende liggaam kon wys, maar daar was geen dooie liggaam om te wys nie! Die graf was leeg!

Kon sy dissipels Sy liggaam gesteel het? Dit sou bykans onmoontlik gewees het omdat die graf deur gewapende Romeinse soldate bewaak was, juis om so iets te verhoed. Jesus se getrouste volgelinge, wat maar meesal vissermanne was, het in vrees gevlug met Sy inhegtenisname en kruisiging. Dit is hoogs onwaarskynlik dat hulle professionele soldate sou aanvat in ’n poging om Jesus te red. Wat baie duidelik is, is dat Jesus se opstanding nie weggepraat kan word nie.

Weereens, iemand wat mag oor die dood het, verdien om gehoor te word. Jesus het sy mag oor die dood bewys en daarom moet ons luister na wat Hy sê. Jesus sê dat Hy die enigste pad na verlossing is (Johannes 14:6). Hy is nie ’n pad of een van vele paaie nie - Jesus is die enigste pad.

Dieselfde Jesus sê ook: “Voel julle moeg vir hierdie lewe? Knak julle knieë onder al die probleme en verantwoordelikhede wat julle moet dra? Het julle godsdiens leeg geword sodat dit julle geestelik dors nie meer les nie? Kom dan na My toe! Ja, kom wy jou lewe aan My toe. By My sal jy weer die sin van die lewe ontdek.” (Matteus 11:28). Die wêreld waarin ons leef is hard en moeilik. Die meeste van ons is redelik bebloed, gekneus en dra letsels van verskeie worstelstryde. Stem jy saam? Wat wil jy hê? Vernuwing of bloot geloof? ’n Lewendige Redder of een van verskeie dooie profete? ’n Betekenisvolle verhouding of leë rituele? Jesus is nie ’n keuse nie – hy is dié keuse!

Jesus is die regte “geloof” as jy vergifnis wil hê (Handelinge 10:43). Jesus is die regte “geloof” as jy ’n betekenisvolle verhouding met God wil hê. (Johannes 10:10). Jesus is die regte “geloof” as jy op soek is na ’n ewige tuiste in die Hemel (Johannes 3:16). Plaas jou geloof in Jesus Christus as jou Verlosser – jy sal nooit spyt wees nie! Vertrou op Hom vir die vergifnis van jou sonde – jy sal nie teleurgestel word nie.

As jy die “regte” verhouding met God wil hê, kan jy die volgende gebed bid. Onthou egter dat slegs die bid van hierdie gebed of enige ander gebed, jou nie sal red nie. Dit is slegs geloof in Christus wat jou van sonde kan verlos. Hierdie gebed is ’n eenvoudige manier om vir God te vertel van jou geloof in Hom en om Hom te bedank vir jou verlossing. “Here, ek weet dat ek teen U gesondig het en dat ek verdien om gestraf te word. Maar Jesus Christus het die straf wat ek verdien, op Hom geneem sodat ek, deur geloof in Hom, vergewe mag word. Ek los nou my sondige lewe en glo dat U my sal red. Dankie vir U wonderlike Genade en die beloning van die Ewige Lewe! Amen!”

Het u ‘n besluit vír Jesus Christus geneem as gevolg van wat u hier gelees het? Indien wel, druk op die “Ek het Jesus Christus vandag aanvaar” - knoppie hier onder.
English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die regte geloof vir my?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries