settings icon
share icon
Vraag

Wat is die regterstoel oordeel van Christus?

Antwoord


Romeine 14:10-12 sê, “Ons sal tog almal voor die regterstoel van God moet verskyn, want daar staan geskrywe: "So seker as Ek lewe, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is". Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee. 2 Korintiërs 5:10 vertel ons, “Ons moet immers almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy tydens sy aardse lewe gedoen het, of dit nou goed was of kwaad”. In hierdie konteks en twee verse is dit duidelik dat daar verwys word na Christene en nie na ongelowiges nie. Die oordeel regsstoel van Christus is waar gelowiges rekenskap gee van hul lewens aan Christus. Hierdie regsstoel van Christus is nie om te bepaal of ons gered is of nie want dit was alreeds gedoen deur Christus se offer aan die kruis (1 Johannes 2:2) asook ons geloof in Hom (Johannes 3:16). Al ons sondes is vergewe en ons sal nooit vir dit veroordeel word nie (Romeine 8:1). Ons moet nie na die regsstoel van Christus kyk as God se oordeel van ons sondes nie, maar liewers dat God ons sal beloon vir ons lewens. Ja, die Bybel sê wel ons moet rekenskap gee oor onsself en dit is so dat ons sondes deel daarvan uitmaak, maar dit sal nie die primêre fokus wees tydens die regsstoel van Christus nie.

Tydens hierdie oordeel van Christus sal gelowiges beloning ontvang gebaseer op hoe getrou hulle Christus gedien het (1 Korintiërs 9:4-27; 2 Timoteus 2:5). Van die dinge wat ons sal moet beantwoord is hoe getrou ons die Groot Kommissie (Matteus 28:18-20) uitgevoer het, hoe ons sondes weerstaan het (Romeine 6:1-4) en hoe ons, ons tonge beteuel het (Jacobus 3:1-9). Die Bybel praat van gelowiges wat beloning ontvang vanwee hulle bediening aan Christus (1 Korintiers 9:4-27; 2 Timoteus 2:5). Die verskillende belonings word in 2 Timoteus 2:5, 2 Timoteus 4:8, Jacobus 1:12, 1 Petrus 5:4 en Openbaring 2:10 beskryf. Jacobus 1:12 is ‘n goeie voorbeeld hoe ons Christus se regsstoel oordeel moet benader, “Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet”.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die regterstoel oordeel van Christus?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries