settings icon
share icon
Vraag

Wat is die rolle van die man en vrou in die familie?

Antwoord


Alhoewel man en vrou op gelyke voet in die verhouding tot Christus staan, gee die Skrif spesifieke rolle aan elke huwelik. Die man is veronderstel om leierskap in die huis te aanvaar (1 Kor 11:3; Ef 5:23). Hierdie leierskap moet nie afgedwing word of met meerderwaardigheid op die vrou afgedruk word nie, maar moet na aanleiding van Christus se voorbeeld toegepas word, soos hoe die kerk gelei moet word. “Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het. Dit het Hy gedoen om die kerk aan God te wy, nadat Hy dit met die water en die woord gereinig het…” (Ef 5:25-26). Christus het die kerk (Sy mense) met deernis, genade, vergewensgesindheid, respek en onselfsugtigheid liefgehad. Op dieselfde wyse moet mans ook hul vrouens liefhê.

Vroue moet hulself aan hul mans se gesag onderwerp. “Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is. Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan hulle mans onderdanig wees” (Ef 5:22-24). Alhoewel vroue aan hul mans onderdanig moet wees, leer die Bybel ook die mans verskeie kere hoe hul veronderstel is om hul vroue te behandel. Die man mag nie soos ‘n diktator optree nie, maar moet respek teenoor sy vrou en haar opinies betoon. Ef 5:28-29 vermaan die mans om hul vroue op dieselfde wyse as hul eie liggame lief te hê, te voed en te versorg. ‘n Man se liefde vir sy vrou moet dieselfde wees as Christus se liefde vir Sy liggaam, die kerk.

“Vrouens, wees aan julle mans onderdanig soos dit pas by mense wat in die Here glo. Mans, julle moet julle vrouens liefhê, moenie die lewe vir hulle bitter maak nie (Kol 3:18-19). “Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder” (1 Pet 3:7). Vanuit hierdie verse sien ons dat liefde en respek die rolle van beide man en vrou kenmerk. Indien hierdie teenwoordig is, sal gesag, hoofskap, liefde en onderwerping geen probleem vir enige van die twee partye wees nie.

Ten opsigte van die verdeling van verantwoordelikhede in die huis, leer die Bybel dat die mans vir hulle families moet voorsien. Dit beteken dat hy werk en genoeg geld moet voorsien vir al die nodige lewensmiddele vir sy vrou en kinders. Waar dit misluk, is daar definitief geestelike oorsake. “As iemand nie vir sy eie mense en veral nie vir sy huisgesin sorg nie, het hy die geloof verloën en is hy slegter as ‘n ongelowige” (1 Tim 5:8). Dus, ‘n man wat nie ‘n poging aanwend om vir sy familie te voorsien nie, kan homself nie regtig ‘n Christen noem nie. Dit beteken nie dat die vrou nie kan help en die familie ondersteun nie – Spreuke 31 is ‘n goeie voorbeeld dat ‘n godvresende vrou dit sekerlik kan doen – maar dit is primêr die man se verantwoordelikheid. Die man moet ook help met die kinders en met huishoudelike pligte (en so vervul hy sy liefdesplig teenoor sy vrou), maar Spreuke 31 maak dit ook duidelik dat die huis hoofsaaklik die vrou se primêre verantwoordelikheid en omgewing is waar haar invloed ‘n rol speel. Selfs al moet sy laat op bly en vroeg opstaan, word haar familie goed versorg. Dit is nie ‘n maklike leefstyl vir baie vrouens nie, veral in welgestelde Westerse nasies. Te veel vroue is in elk geval oorlaai met stres en by breekpunt verby. Om sulke spanning te voorkom, moet beide man en vrou in gebed hulle prioriteite herrangskik en die Bybelse opdragte rakende hul rolle navolg.

Konflikte as gevolg van die werksdeling in ‘n huwelik, is besig om te gebeur, maar indien beide partye hul aan Christus onderwerp, sal hierdie konflikte minder voorkom. As ‘n egpaar die argument rakende hierdie probleem as herhaaldelik en hewig beleef, of indien sulke argumente as kenmerkend van die huwelik voorkom, is dit ‘n geestelike probleem. In so ‘n geval moet die partye hulle weer verbind tot gebed en onderdanigheid aan Christus eerste stel en dan aan mekaar, met ‘n gesindheid van liefde en respek.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die rolle van die man en vrou in die familie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries