settings icon
share icon
Vraag

Is dit verkeerd om saam te bly voor die huwelik?

Antwoord


Die antwoord hang af wat bedoel word met saam bly. Indien dit beteken dat daar ‘n seksuele verhouding bestaan dan is dit verkeerd. Voorhuwelikse seks word oor en oor in Skrif verbied, net soos enige ander vorm van seksuele onsedelikheid afgekeur word (Handelinge 15:20; Romeine 1:29; 1 Korintiërs 5:1; 6:13, 18; 7:2; 10:8; 2 Korintiërs 12:21; Galasiërs 5:19; Efesiërs 5:3; Kolossense 3:5; 1 Thessalonicense 4:3; Judas 7). Die Bybel vereis dat ons, onsself moet weerhou van seksuele verhouding buite die huwelik of voor die huwelik. Seks voor die huwelik is net so verkeerd as egbreuk en ander vorms van seksuele moraliteit omrede daar seks is met iemand wat nie jou huweliks maat is nie.

Indien saam bly beteken dat dit in dieselfde huis is, is dit ‘n ander saak. Daar is niks verkeerd met ‘n man en vrou wat dieselfde huis deel nie – indien daar geen onsedelikheid plaasvind nie. Maar die probleem kom egter by die voorkoms of indruk dat onsedelikheid plaasvind (1 Thessalonicense 5:22; Efesiers 5:3) en dit mag ook lei tot ‘n groot versoeking. Die Bybel vertel ons om te vlug van sedeloosheid en die blootstelling daaraan te vermy (1 Koriniters 6:18). Twee mense wat saambly gee maar altyd die indruk dat hulle saam slaap. Alhoewel dit nie sonde is om in een huis te woon nie word ons vertel dat ons ook die verskynsel van sonde moet vermy (1 Thessalonicense 5:22; Efesiers 5:3), om te vlug van onsedelikheid, te verseker dat ons nie ander mense tot ‘n val bring nie en te verseker dat ander nie aanstoot neem nie. So ons kan sien dat om saam te bly, buite die huwelik, eintlik geen eer aan God bring nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is dit verkeerd om saam te bly voor die huwelik?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries