settings icon
share icon
Vraag

Moet Christene deelneem aan die Sabbatdag? Watter dag is die Sabbatdag, Saterdag of Sondag?

Antwoord


Daar word gereeld gesê dat God die Sabbatdag alreeds in die paradys ingestel het, vanwee die verband tussen die Sabbatdag en die skepping in Eksodus 20:11. Al het God op die sewende dag gerus (Genesis 2:3) was dit net die voorloper van die Sabbat wette, daar is geen vers in die Bybel wat na die sabbat verwys of dit noem voordat die Israeliete Egipte verlaat het nie. In die Bybel is daar geen plek wat na die hou van die Sabbatdag verwys tussen die periode van Adam en Moses nie.

Die Woord van God maak dit duidelik dat die hou van ‘n Sabbatdag gegee was as ‘n spesiale teken tussen God en Israel. “Die Israeliete moet die dag van Sabbat onderhou. Dit is tussen My en die Israeliete ‘n teken wat vir altyd sal bly staan. Die Here het in ses dae die aarde gemaak. Op die sewende dag het Hy tot rus gekom” (Eksodus 31:16-17).

In Deuternomium 5 gee Moses die Tien Gebooie aan die volgende generasie Israeliete. In vers 12 tot 14 sien ons dat die opdrag van Sabbat hou aan die nasie van Israel gegee word, ons sien ook dat Moses die rede hiervoor aan hulle verduidelik, “Onthou dat julle ook op ‘n keer slawe in Egipte was en dat die Here julle God met groot krag en magtige dade daaruit gebring het. Dit is waarom die Here julle God julle beveel om die Sabbatdag te vier” (Deuternomium 5:15).

God se doel met die Sabbat was nie om aan Israel te vra dat hulle Sy skepping moet onthou nie, dit was sodat hulle hul slawerny in Egipte en Sy vrymaking daarvan onthou. Neem kennis van die sabbat hou – ‘n Persoon onder die wet van die Sabbat mag nie sy huis verlaat nie op die Sabbat (Eksodus 16:29), hy kon nie ‘n vuur maak nie (Eksodus 35:3) en hy moes sorg dat geen van sy arbeiders werk nie (Deuternomium 5:14). ‘n Persoon wat die Sabbat gebreek het, moes dood gemaak word (Eksodus 31:15; Numeri 15:32-35).

‘n Ondersoek na die Nuwe Testament gedeeltes wys ons vier baie belangrike punte: 1) Toe Christus in Sy opstandings vorm verskyn het word die dag genoem, en is dit altyd die eerste dag van die week (Matteus 28:1,9, 10; Markus 16:9; Lukas 24:1, 13, 15: Johannes 20:19, 26). 2) Die enigste keer dat die Sabbat genoem word vanaf Handelinge tot en met Openbaring was dit gebruik om die evangelie van Jesus met die Jode te deel (die Jode was in die sinagoge) - Handelinge 13 – 18. Paulus skryf, “Onder die Jode het ek soos ‘n Jood geword om hulle vir Christus te wen” (1 Korintiërs 9:20). Paulus het nie na die sinagoge gegaan om gemeenskap met die Jode te deel nie of om heiliges (saints) aan te stel nie, maar wel om die verlorenes te red. Paulus sê eenkeer, “van nou af spits ek my toe op die nie-Jode” (Handelinge 18:6), die Sabbat was daarna nie weer genoem nie. En laastens, 4) instede dat die vereiste van die Sabbat hou sien ons net die teenoorgestelde in die Nuwe Testament (met die insluiting van die uitsondering van punt - 3 - wat ons in Kolossense 2:16 vind).

Indien ons meer aandagtig na punt 4 kyk sal ons sien daar is geen verpligting vir die Nuwe Testament gelowige is om die Sabbat te onderhou nie. Die Nuwe Testament toon ook aan ons dat “Sondag Sabbat hou” ook nie skriftuurlik is nie. Soos dit vroeer in hierdie antwoord genoem is, was daar net een keer wat die Sabbat geopper was, en was dit toe Paulus sê dat hy gaan hom van toe af toespits op nie-Jode. “Moet dus nie toelaat dat enigiemand julle veroordeel oor wat julle eet of drink, of oor hoe julle sekere feesdae of Nuwemaalfees of Sabbatte vier nie. Al hierdie dinge is net ‘n skaduwee van die Persoon wat sou kom, Christus” (Kolossense 2:16). Die Joodse Sabbat was gekanseleer by die kruis dear Christus “Hy het die dokument met voorskrifte wat as klagstaat teen ons gedien het, uitgevee en dit van ons weggevat deur dit aan die kruis vas te spyker” (Kolossense 2:14).

Hierdie word weereens in die Nuwe Testament herhaal, “Net so is daar die vir wie die een dag meer besonder is as die ander, terwyl ander weer alle dae as ewe belangrik beskou. Elkeen behoort seker te maak van sy eie oortuiging in hierdie verband. Die wat ‘n spesifieke dag uitsonder, doen dit vir die Here (Romeine 14:5-6a). “Nou ken julle egter vir God, of liewers: God ken julle. Hoe is dit moontlik dat julle weer na die elementêre magte van die aarde wil terugkeer om hulle soos slawe te dien? Julle hou aan om spesiale dae, maande, seisoene en jare te vier” (Galasiërs 4:9-10)

Party mense glo dat Constantine het in A.D. 321 ‘n mandaat uitgereik dat die Sabbat van Saterdag na Sondag verander het. Op watter dag het die jong kerk ontmoet en kerk gehou? Skrif noem nooit enige Sabbat (Saterdag) vergaderings deur die gelowiges vir gemeenskap en aanbidding. Maar daar word wel genoem dat dit op die eerste dag van die week gebeur het. Handelinge 20:7 stel dat, “Ons het die Sondag bymekaargekom vir die maaltyd van die Here”. In 1 Korintiërs 16:2 moedig Paulus die Korinte aan, “Op elke Dag van die Here moet elkeen van julle na vermoë tuis iets opsy sit en dit spaar sodat daar nie eers insamelings plaasvind wanneer ek kom nie”. Paulus verwys na hierdie offer insameling as “diens” in 2 Korintiërs 9:12, hierdie kolleksie of insameling was toe gekoppel aan die Sondag aanbiddingsdiens. Histories gesproke wat terug dateer na doe eerste eeu was Sondag, nie Saterdag die normale vergadering van Christene in die kerk.

Die Sabbat was aan die volk van Israel gegee en nie aan die kerk nie. Die Sabbat is steeds op Saterdag en nie Sondag nie, dit het nog nooit verander nie. Maar die Sabbat is deel van die Ou Testament wette, en Christene is vry van die Wet (Galasiërs 4:1-26; Romeine 6:14). Die hou van Sabbat word nie van Christene vereis nie hetsy of dit Saterdag of Sondag is. Die eerste dag van die week, Die Here se Dag (Openbaring 1:10) vier die Nuwe Skepping met Christus as ons Hoof. Ons is nie onderworpe aan die Mosaic Sabbat – vir rus nie, maar ons is vry om Christus te volg – godsdienstig. Die apostel Paulus sê dat elke Christen moet self besluit hoe om die Sabbat rus te volg, “Net so is daar die vir wie die een dag meer besonder is as die ander, terwyl ander weer alle dae as ewe belangrik beskou. Elkeen behoort seker te maak van sy eie oortuiging in hierdie verband. Die wat ‘n spesifieke dag uitsonder, doen dit vir die Here” (Romeine 14:5). Ons moet God elke dag aanbid nie net Saterdag of Sondag nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Moet Christene deelneem aan die Sabbatdag? Watter dag is die Sabbatdag, Saterdag of Sondag?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries