settings icon
share icon
Vraag

Wat is die sinoptiese Probleem?

Antwoord


Toe die eerste drie Evangelies – Matteus, Markus en Lukas – vergelyk is, was dit ononderhandelbaar dat die geskrifte baie eenders in inhoud en uitdrukking voorkom. As gevolg hiervan is daar na hierdie drie Evangelies as die “Sinoptiese Evangelies” verwys. Die woord “sinopties” beteken basies “om met ‘n algemene/dieselfde siening na iets te kyk.” Die ooreenkomste tussen die Sinoptiese Evangelies het daartoe gelei dat sommige wonder of die Evangelie-skrywers dieselfde bron gebruik het, ‘n ander geskrewe stuk van Christus se geboorte, lewe, bediening, dood en opstanding, waaruit hulle die materiaal vir die Evangelies gekry het. Die vraag oor hoe die ooreenkomste en verskille verduidelik moet word, word die Sinoptiese Probleem genoem.

Sommige argumenteer dat Matteus, Markus en Lukas so eenders is, dat hulle dalk mekaar se Evangelies of ‘n ander algemene bron gebruik het. Dit veronderstel dat “bron” die letter “Q” Van die Duitse woord “quelle”, wat “bron” beteken. Is daar enige bewys vir ‘n “Q” dokument? Nee, daar is nooit enige so ‘n dokument ontdek nie. Geeneen van die vroeë kerkvaders het ooit so ‘n Evangelie -“bron” in hul geskrifte genoem nie. “Q” is die ontdekking van liberale “studente”, wat die Bybelse inspirasie verwerp. Hulle glo dat die Bybel niks meer as ‘n literêre werk is nie en aan dieselfde kritiek as ander literêre werke onderwerp word. Weereens, daar is hoegenaamd geen getuienis vir ‘n “Q”-dokument – Bybels, teologies of histories nie.

Indien Matteus, Markus en Lukas nie ‘n “Q”-dokument gebruik het nie, waarom is hul Evangelies dan so eenders? Daar is verskeie moontlike verklarings. Dit is moontlik dat, watter Evangelie ookal eerste geskryf was (moontlik Markus, alhoewel die kerkvaders gerapporteer het dat Matteus eerste geskryf is), die ander Evangelie-skrywers toegang daartoe gehad het. Daar is absoluut geen probleem met die gedagte dat Matteus en/of Lukas van Markus se Evangelie gebruik gemaak het nie.Moontlik het Lukas toegang tot Markus en Matteus gehad en het van beide gebruik gemaak in sy eie Evangelie. Luk 1:1-4 sê, “Hooggeagte Teofilus! Daar is baie wat onderneem het om ‘n verhaal te skrywe van die dinge wat onder ons gebeur het. Hulle het dit opgeteken soos dit aan ons oorgelewer is deur die mense wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was. Daarom het ek dit ook goedgedink om self alles stap vir stap van voor af te ondersoek en die verhaal noukeurig in die regte volgorde vir u neer te skryf. So kan u te wete kom dat die dinge waaroor u onderrig is, heeltemal betroubaar is.”

Waarskynlik is die “Sinoptiese Probleem” nie so groot nie. Die verklaring waarom die Evangelies so eenders is, is dat hulle almal deur dieselfde Heilige Gees geïnspireer is en almal is geskryf deur mense wat getuies was of van dieselfde gebeure vertel is. Die Evangelie van Matteus is deur die apostel Matteus geskryf en hy was een van die twaalf wat Jesus gevolg het en deur Hom gelei is. Die Evangelie van Lukas is deur Lukas geskryf en hy was ‘n goeie maat van Paulus. Waarom kan ons nie verwag dat hulle weergawes eenders kan wees nie ? Elkeen van die Evangelies is beslis deur die Heilige Gees geïnspireer (2 Tim 3:16-17; 2 Pet 1:20-21). Dus moet ons samehang en eenheid verwag. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die sinoptiese Probleem?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries