settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor die Skepping versus evolusie?

Antwoord


Met hierdie antwoord gaan ons nie poog om ‘n wetenskaplike verduideliking te verskaf nie. Om die wetenskaplike argument te bekom raai ons aan dat die antwoorde gevind sal word in “Genesis and the Institute for Creation Research”. Die doel met hierdie antwoord is om te verduidelik hoekom daar ‘n debat of argument bestaan tussen skepping en evolusie. Romeine 1:25 verklaar, “Dit is hulle wat die waarheid van God verruil vir die leuen. Hulle dien en vereer die skepsel in plaas van die Skepper, aan wie die lof toekom vir ewig. Amen”.

Die hoof faktor in hierdie debat is dat die oorgrote meerderheid van wetenskaplikes wat in evolusie glo, ateïsties en agnosties is. Daar is wel party van hulle wat wel glo in ‘n teïstiese skepping en ander weer in ‘n deïstiese skepping van God (dit is waar God bestaan maar nie betrokke is by die wereld nie, alles gebeur maar op ‘n natuurlike wyse). Daar is ook wetenskaplikes wat ernstig en eerlik kyk na al die data en dan voel dat die data beter by evolusie inpas. Maar hierdie groep maak maar net ‘n klein hoeveelheid uit van die wetenskaplikes wat evolusie voorstaan en verkondig. Die oorgrote meerderheid van evolusie wetenskaplikes staan by die punt dat lewe ontwikkel het sonder enige eksterne invloed van “buite”. Evolusie is by definisie ‘n natuurlike wetenskap.

Vir ateïsme om waar te wees moet daar ‘n alternatiewe verduideliking bestaan – iets anders as ‘n Skepper – wat sal verduidelik hoe lewe ontstaan het. Alhoewel sekere vorms van evolusie alreeds bestaan het voordat Charles Darwin dit geformuleer het, was dit maar eintlik hy ‘n aanneemlike model vir evolusie voorgestel het – dit is natuurlike seleksie. Op ‘n stadium het Darwin homself as ‘n Christen gesien maar as gevolg van tragedies wat in sy lewe gebeur het, het hy Christenskap verwerp. Hy het ook die bestaan van ‘n Skepper verwerp. Dur was evolusie ontwikkel deur ‘n ateïs. Darwin se doel was nie om die bestaan van ‘n God verkeerd te bewys nie maar dit was wel die uitkoms waarna die teorie van evolusie gelei het. Evolusie maak dus ateïsme moontlik. Wetenskaplikes wat evolusie voorstaan sal gewoonlik ontken dat hulle ‘n alternatief vir die oorsprong van lewe voorstel d.w.s. dat daar nie ‘n God is nie. Maar volgens die Bybel is dit presies hoekom die teorie van evolusie bestaan.

Die Bybel vertel ons, “Die dwaas dink daar is geen God nie” (Psalm 14:1 en Psalm 53:2). Die Bybel vertel ons ook dat daar geen verskoning vir iemand bestaan wat nie in ‘n Skepper glo nie. “Van die skepping van die wêreld af kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat 'n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie” (Romeine 1:20). Volgens die Bybel is elkeen wat ontken dat daar ‘n God is, ‘n dwaas is. Hoekom is dit dan dat daar so baie mense is, wat ook Christene insluit, wat glo dat evolusie wetenskaplikes nie eensydig is nie in hulle voorstellings nie? Volgens die Bybel is hulle dwase! Om dwaas te wees beteken nie dat iemand geen intellek het nie, of dom is nie. Baie evolusie wetenskaplikes is brijant en baie slim. Dwaasheid beteken die onvermoë om kennis toetepas. Spreuke 1:7 vertel ons, “Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag”.

Evolusie wetenskaplikes spot met skepping asof dit nie-wetenskaplik is nie en geensins erkenning moet kry vir wetenskaplike navorsing nie. Hulle argumenteer dat vir iets om oorweeg te word as “wetenskaplik” moet dit gesien en getoets kan word. D.w.s. dit moet “natuurlik” wees. Skepping is bonatuurlik (supernatural). God en die bonatuurlike kan nie gesien word of getoets word nie (argumenteer hulle) en daarom kan skepping nie oorweeg word vir wetenskaplike navorsing nie. Maar dan is dit waar dat evolusie oork nie gesien of getoets kan word nie, hierdie feit word net misgekyk deur die evolusie wetenskaplikes. Die gevolg is dat alle (evolusie) data gefilter word deur bevoordeling, voorstellings en die “vooraf” aanvaarbare teorie van evolusie sonder om enige ander moontlikhede te oorweeg.

Maar, die ontstaan van die heelal en oorsprong van die lewe kan nie getoets of waargeneem word nie. Beide evolusie en skepping is geloofs gedrewe sisteme. Ons kan nie biljoene (of miljoene) jare terug gaan om te sien hoe alles ontstaan het nie. Evolusie wetenskaplikes verwerp skepping op gronde van die feit dat dit hulle sal dwing om evolusie op te sê. Evolusie sover as dit oorsprong van lewe aangaan is geensins wetenskaplik nie. Evolusie sê hulle is die enigste verduideliking van ontstaan wat getoets kan word en daarom is dit ‘n teorie en kan dus as wetenskaplik gesien word. Hierdie is net dwaasheid! Wetenskaplikes wat evolusie voorstaan verwerp ‘n aanneemlike teorie van ontstaan sonder om dit te toets of daaraan oorweging te skenk, en die rede is – want dit “pas” nie in hulle noue definisie van wetenskap nie.

Indien skepping waar is, dan is daar ‘n Skepper aan wie ons verantwoordelik is. Evolusie is die moontlik making vir ateïsme. Evolusie gee die ateïs ‘n basis hoe lewe sonder ‘n Skepper gelei kan word. Evolusie ontken die behoefte aan ‘n God wat betrokke is in die wereld. Evolusie is die “skepping teorie” vir die geloof wat bekend staan as ateïsme. Volgens die Bybel is die keuse baie duidelik. Ons kan glo in die Woord van ons almagtige alwetende, alomteenwoordige God, of ons kan glo in die onlogiese en bevooroordeelde (bias) wetenskap van dwase.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor die Skepping versus evolusie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries