settings icon
share icon
Vraag

Wat is die slag van Armageddon?

Antwoord


Die woord Armageddon kom van die Hebreeuse woord ‘Har-Magedone’, wat ‘Mount Megiddo’ beteken en het sinoniem geraak met die toekomstige geveg, waarin God tussenbeide sal tree en die leërmagte van die Antichris sal vernietig, soos in die Bybelse profesie voorspel is (Open 16:16; 20:1-3, 7:10). Daar sal ‘n menigte mense in die geveg betrokke wees, soos al die nasies saam teen Christus sal veg.

Die presiese ligging van die vallei van Armageddon is onduidelik, omdat daar nie ‘n berg met die naam van Megiddo bestaan nie. Nogtans kan ‘Har’ ook heuwel beteken, wat dan die heuwelagtige gedeelte rondom die Megiddo-plein kan wees, ongeveer sestig myl noord van Jerusalem. Meer as 200 veldslae het al daar plaasgevind. Die Megiddo-plein en die nabygeleë Esdraelon-plein sal die fokuspunt vir die slag van Armageddon wees. Dit sal die hele lengte van Israel, tot so ver suid as die Edomitiese stad Bosra, woed (Jes 63:1). Die vallei van Armageddon was beroemd vir twee groot oorwinnings in die Israeliese geskiedenis: 1) Barak se oorwinning oor die Kaänaniete (Rigters 4:15) en 2) Gideon se oorwinning oor die Midianiete (Rigters 7). Armageddon was ook die plek waar twee groot tragedies plaasgevind het: 1) die dood van Saul en sy seuns (1 Sam 31:8) en 2) die dood van koning Josia (2 Kon 23:29-30; 2 Kron 35:22).

As gevolg van hierdie geskiedenis het die vallei van Armageddon ‘n simbool van die finale konflik tussen God en die bose magte geword. Die woord Armageddon kom net in Openbaring 16:16 voor, “Die geeste het die konings byeengebring op die plek wat in Hebreeus Armageddon genoem word.” Hier word van die konings wat lojaal teenoor die Antichris is, gepraat – die finale aanslag teen Israel. By Armageddon “die beker met die wyn van sy (God) gloeiende toorn” (Open 16:19) sal daar gelewer word en die Antichris en sy volgelinge sal onttroon en verslaan word. “Armageddon” het ‘n algemene term geword wat verwys na die voleinding van die wêreld, nie net uitsluitlik na die geveg wat by die Megiddo-plein sal plaasvind nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die slag van Armageddon?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries