settings icon
share icon
Vraag

Waarna moet ek kyk in ‘n man?

Antwoord


As ‘n Christenvrou vir ‘n man soek, moet sy kyk vir ‘n man na God se hart (Hand 13:22). Die belangrikste verhouding wat enige van ons het, is ons persoonlike verhouding met die Here Jesus Christus. Daardie verhouding kom voor al die ander. Indien ons vertikale verhouding met die Here reg is, dan sal ons horisontale verhoudings daardie werklikheid reflekteer. Dus sal ‘n potensiële man een wees wat daarop fokus om in gehoorsaamheid met God se Woord te stap en wat daarna soek om te lewe tot eer van God (1 Kor 10:31).

Watter ander kwaliteite is daar nog om na te kyk? Paulus gee dit vir ons in 1 Tim 3. In hierdie gedeelte is die kwalifikasies vir ‘n leier in die liggaam, nl. die kerk. Hierdie kwaliteite moet egter in die lewe van enige man wees, wat lewe na God se hart. Die kwaliteite is as volg: ‘n man moet geduldig en beheersd in sy optrede wees, nie vol van trots nie, maar met gesonde verstand optree, in die vermoë om sy emosies te beheer, genade betoon teenoor andere, in die vermoë wees om ander geduldig te leer, nie dronk word of onbeheersd van enige gawes van God gebruik maak nie, nie neig tot geweld nie, nie te veel klem lê op dinge van die lewe nie, maar op God fokus, nie vurig van humeur wees nie of oorsensitief, sodat hy maklik aanstoot neem nie en dankbaar vir wat God gee, eerder as om jaloers te wees op ander mense se gawes wat hul ontvang het.

Die bogenoemde eienskappe beskryf ‘n man wat aktief betrokke is in die proses om ‘n volwasse gelowige te word. Dit is die tipe man waarna ‘n vrou moet kyk vir ‘n potensiële eggenoot. Ja, fisiese voorkoms, ooreenstemmende belange, aanvullende sterkpunte en swakhede en die begeerte na kinders, is dinge om in ag te neem. Hierdie dinge egter moet sekondêr wees aan die geestelike kwaliteite waarna ‘n vrou moet kyk. ‘n Man wat jy kan vertrou, respekteer en navolg op die pad van godsvrug is van baie meer waarde, as ‘n man met ‘n mooi voorkoms, gewildheid, mag of geld.

Laastens, as ons vir ‘n man “soek”, moet ons ons lewens in God se wil oorlaat. Elke vrou wil graag haar “sjarmante prins” ontdek, maar die werklikheid is dat sy waarskynlik ‘n man sal trou met net soveel gebreke as wat sy het. Dan, deur God se genade, sal hulle vir die res van hul lewens saam wees en leer hoe om ‘n maat en dienaar vir mekaar te wees. Ons moet in die tweede, heel belangrikste verhouding van ons lewens (die huwelik) instap, nie onder ‘n emosionele wolk nie, maar met oë wyd oop. Ons heel belangrikste verhouding met ons Here en Verlosser, moet die fokus van ons lewens wees.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Waarna moet ek kyk in ‘n man?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries