settings icon
share icon
Vraag

Wat is die sondaarsgebed?

Antwoord


Die sondaarsgebed is ’n gebed wat iemand tot God bid wanneer die persoon besef dat hy/sy ’n sondaar is en dat hy/sy ’n Verlosser nodig het. Om net ’n sondaarsgebed op te sê is nie genoeg nie. ’n Sondaars gebed is slegs effektief wanneer dit ’n persoon se ware kennis, begrip en geloof van sy sondigheid en die noodsaaklikheid vir redding, verteenwoordig.

Die eerste aspek van ’n sondaarsgebed is om te verstaan dat ons almal sondaars is. Romein 3:10 sê, “Die Bybel stel dit baie duidelik: Niemand op aarde leef reg nie, niemand nie.” Die Bybel sê baie duidelik dat ons almal gesondig het. Ons is almal sondaars wat genade en vergifnis deur God nodig het. (Titus 3:5-7). Ons verdien die ewige verderf as gevolg van ons sonde (Matteus 25:46). Die sondaarsgebed is ’n smeking om genade in plaas van oordeel. Dit is ’n versoek om genade in plaas van woede.

Die tweede aspek van ’n sondaars gebed is om te besef wat God gedoen het om ons verlore en sondige toestand reg te stel. God het as mens aarde toe gekom in die Persoon van Jesus Christus (Johannes 1: 1,14). Jesus het vir ons kom leer oor die waarheid van God en het ’n volmaakte, regverdige en sondelose lewe gelei (Johannes 8:46; 2 Korintiërs 5:21). Jesus het toe in ons plek aan die kruis gesterf en daarmee die straf wat ons verdien, op Hom geneem (Romeine 5:8). Jesus het uit die dood opgestaan om sy oorwinning oor sonde, die dood en die hel te bewys (Kolossense 2:15; 1 Korintiërs 15). As gevolg hiervan kan ons sonde vergewe word en is ’n ewige tuiste in die Hemel moontlik – as ons net in Jesus Christus glo. Al wat ons moet doen is om te glo dat Hy in ons plek gesterf het en dat Hy uit die dood opgestaan het (Romeine 10:9-10). Ons kan slegs deur genade gered word, slegs deur geloof, in Jesus Christus alleenlik. In Efesiërs 2:8 staan: “Vra julle waarom julle nou juis gered is? Wel, dit is omdat God so goed is en julle Jesus so vertrou.”

Om die sondaarsgebed te bid is ’n manier om aan God te sê dat jy op Jesus Christus as jou Verlosser vertrou. Daar is geen “tower” woorde wat redding tot gevolg het nie. Dit is alleenlik wanneer ons glo in Jesus se dood en opstanding dat ons gered kan word. As jy besef dat jy ’n sondaar is en Jesus Christus se verlossing nodig het, kan jy hierdie eenvoudige sondaars gebed vir God bid: “Here, ek weet dat ek gesondig het. Ek besef dat ek die gevolge van my sonde verdien. Maar ek glo in Jesus Christus as my Verlosser en ek glo dat ek deur Sy dood en opstanding, vergifnis ontvang het. Ek glo in Jesus en Jesus alleen as my Here en Verlosser. Dankie Here, dat U my gered en vergewe het! Amen!”

Het u ‘n besluit vír Jesus Christus geneem as gevolg van wat u hier gelees het? Indien wel, druk op die “Ek het Jesus Christus vandag aanvaar” - knoppie hier onder.
English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die sondaarsgebed?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries