settings icon
share icon
Vraag

Word kinders vir die sondes van hul ouers gestraf?

Antwoord


Kinders word nie vir die sondes wat deur hul ouers gepleeg is, gestraf nie; so ook word ouers ook nie vir die sondes van hul kinders gestraf nie. Elkeen van ons is verantwoordelik vir ons eie sondes. Eseg 18:20, “Die mens wat sondig, sal sterwe. ‘n Seun sal nie die straf op sy pa se sonde dra nie, en ‘n pa sal nie die straf op sy seun se sonde dra nie.” Hierdie verse wys duidelik dat elkeen sy eie straf vir sy eie sonde moet dra.

Hierdie is ‘n vers wat daartoe gelei het dat sommige glo die Bybel onderrig “intergenerasionele” straf vir sonde, maar hierdie interpretasie is verkeerd. Die vers wat bevraagteken word, is Eks 20:5, waar na afgode verwys word, “Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan my. Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van dié wat my haat.” Hierdie vers praat nie soseer van straf nie, maar van gevolge. Dit sê dat die gevolge van die mens se sonde eers later deur generasies gevoel word. God het aan die Israeliete gesê dat hulle kinders, die impak van hul ouergenerasie, as ‘n natuurlike gevolg van hul ongehoorsaamheid en haat teenoor God, sou voel. Kinders wat in so ‘n omgewing grootgemaak word, sou soortgelyke afgodery bedryf, dus dieselfde patroon van ongehoorsaamheid oprig. Die effek van ‘n ongehoorsame generasie was om boosheid so diep te plant, dat dit verskeie generasies sou verg om dit om te draai. God hou ons nie verantwoordelik vir die sondes van ons ouers nie, maar ons ly soms as gevolg van die sondes wat ons ouers gepleeg het, soos Eks 20:5 illustreer.

Soos Eseg 18:20 dit stel, elkeen van ons is verantwoordelik vir sy eie sondes en ons moet die straf daarvoor dra. Ons kan nie ons skuld met mekaar deel nie, so ook kan ‘n ander nie daarvoor verantwoordelik gehou word nie. Daar is egter een uitsondering op hierdie reël, en dit geld vir alle mense. Een Mens het die sondes van andere gedra en die boete vir hulle betaal, sodat sondaars heeltemal regverdig en rein in God se oë kan word. Daardie Mens is Jesus Christus. God het Jesus in die wêreld gestuur, om Sy volmaaktheid vir ons sonde om te ruil. “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees” (2 Kor 5:21). Jesus Christus neem die straf vir sonde weg van hulle wat in geloof na Hom toe kom.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Word kinders vir die sondes van hul ouers gestraf?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries