settings icon
share icon
Vraag

Hoe is dit in die Hemel?

Antwoord


Volgens die Bybel word die Hemel as ‘n werklike bestemming beskryf. Die woord “Hemel” word 276 keer in slegs die Nuwe Testament gekry. Die Skrif verwys na drie hemele. Die apostel Paulus is in die “derde hemel” opgeneem, maar hy is verbied om openbaar te maak wat hy daar beleef het (2 Kor 12:1-9).

Indien daar ‘n derde hemel bestaan, moet daar ook twee ander hemele bestaan. Die eerste word meer dikwels na verwys in die Ou Testament as die “lug” of die “uitspansel”. Dit is die hemel wat wolke bevat, die area waar voëls rond vlieg. Die tweede hemel is die “interstellêr” of “buitenste ruimte”, die tuiste van die sterre, planete en ander hemelliggame (Gen 1:14-18).

Die derde Hemel, waarvan die ligging nie openbaar word nie, is God se woonplek. Jesus het belowe om plek in die Hemel vir ware Christene voor te berei (Joh 14:2). Die Hemel is ook die bestemming vir gestorwe Ou Testamentiese heiliges, wat in God se belofte van die Verlosser (Ef 4:8) geglo het. “God het die wêreld so lief gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê” (Joh 3:16).

Die apostel Johannes was bevoorreg om die Hemelse Stad te sien en daaroor te rapporteer (Open 21:10-27). Johannes was getuie daarvan dat die Hemel (die nuwe aarde) die “heerlikheid van God” bevat (Open 21:11), die absolute teenwoordigheid van God. Aangesien dit in die Hemel nooit nag word nie, is die Here self die lig, die son en maan is nie langer meer nodig nie (Open 22:5).

Die Stad is gevul met die prag van kosbare stene en kristalhelder jaspis. Die Hemel het twaalf hekke (Open 21:12) en twaalf fondamente (Open 21:14). Die Paradys, die Tuin van Eden, is herstel: die rivier met die water van die lewe vloei vryelik en die Boom van die Lewe is weer beskikbaar, die blare van die boom “bring genesing vir die nasies” (Open 22:1-2). Hoe welsprekend Johannes ookal was in sy beskrywing van die Hemel, is die realiteit daarvan ver bokant die gewone mens se vermoë om te beskryf (1 Kor 2:9).

Die Hemel is ‘n plek van “nie meer” nie. Daar sal nie meer trane, nie meer pyn en nie meer smart wees nie (Open 21:4). Daar sal nie meer skeiding wees nie, aangesien die dood oorwin sal wees (Open 20:6). Die wonderlikste ding in die Hemel is die teenwoordigheid van ons Here en Verlosser (1 Joh 3:2). Ons sal van aangesig tot aangesig met die Lam van God staan, wat ons so lief gehad het en Homself geoffer het, sodat ons Sy teenwoordigheid in die Hemel vir ewig kan geniet.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe is dit in die Hemel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries