settings icon
share icon
Vraag

Stilgebed – is dit Bybels?

Antwoord


Die Bybel mag dalk nie spesifiek van stilgebed praat nie, maar dit beteken nie dat dit van minder waarde is, as hardop bid nie. God kan ons gedagtes en ons woorde hoor (Ps 139:23; Jer 12:3). Jesus het geweet van die bose gedagtes van die Fariseërs (Matt 12:24-26; Luk 11:7). Niks wat ons doen, sê of dink is vir God weggesteek nie. Hy hoef nie ons woorde te hoor om ons gedagtes te ken nie. Hy het toegang tot alle gebede wat aan Hom gerig is, ongeag of daar woorde gespreek word.

Die Bybel praat van private gebede (Matt 6:6). Wat is die verskil as jy hardop bid of in stilte by jouself? Daar is sekere omstandighede waar stilgebed van toepassing is, byvoorbeeld om tussen jou en God alleen te bid vir iemand teenwoordig, ens. Daar is niks verkeerd met stilgebed nie, solank ons dit nie doen omdat ons skaam voel dat iemand ons sal sien bid nie.

1 Tess 5:17 is miskien die beste vers om die waarde van woordelose gebede aan te dui: “Bid gedurig”. Dit kan tog nie beteken dat ons die hele tyd hardop moet bid nie. Dit beteken eerder dat ons gedurig van God bewus moet wees en elke gedagte gevange neem, om dit aan Christus gehoorsaam te maak (2 Kor 10:5). Sodoende bring ons elke situasie, plan, vrees of bekommernis voor Sy troon. ‘n Deel van gedurige gebed, is ook gebede waar woorde gespreek, gefluister, geskree, gesing en in stilte gebid word, waar ons, ons gedagtes van lof, versoeke, smeking en danksegging tot God rig. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Stilgebed – is dit Bybels?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries