settings icon
share icon
Vraag

Wat is die tekens van die eindtyd?

Antwoord


Matteus 24:5-8 gee ons ‘n paar belangrike leidrade sodat ons die aankoms van die eindtyd kan gewaar, “Baie sal onder My naam kom en sê: “Ek is die Christus, en hulle sal baie mense mislei. Julle sal die rumoer van oorloë en gerugte van oorloë hoor. Pas op, moenie verskrik word nie. Dit moet kom, maar dit is nog nie die einde nie. Die een nasie sal teen die ander te staan kom en die een koningkryk teen die ander; daar sal op baie plekke hongersnode en aardbewings wees. Al hierdie dinge is geboortepyne, die begin van die nuwe tyd”. In hierdie gedeelte word daar waarskuwings aan ons gegee: ons moet nie mislei word nie, want hierdie gebeure is net die geboorte pyne, die einde moet nog daarna kom.

Party mense wys na elke aardbewing, elke politieke ontwrigting en elke aanval op Israel as ‘n defnitiewe teken dat eindtyd binnekort sal aanbreek. Alhoewel sommige van hierdie gebeurtenisse wel ‘n teken kan wees dat eindtyd naderkom is dit nie noodwendig dat eindtyd aanbreek nie. Die apostel Paulus waarsku dat in die laaste dae daar ‘n aansienlike toename sal wees in valse leering. “Die Gees sê uitdruklik dat in die eindtyd sommige afvallig sal word van die geloof. Hulle sal misleidende geeste navolg en die leerstellings van bose geeste aanhang (1 Timoteus 4:1)”. Die laaste dae word beskyf as “gevaarlike tye” omrede die toename van euwel in die mens se karakter asook die feit dat mense die waarheid aktief teenstaan (2 Timoteus 3:1-9 sien ook 2 Tessalonisense 2:3).

Ander moontlike tekens kan die herbou van die Joodse tempel insluit, toenemende vyandigheid teenoor Israel, en vordering na een-wereld regering. Die mees prominente tekens van eindtyd is egter die nasie van Israel. In 1948 is Israel erken as ‘n soewereine staat sederdien A.D. 70. God her Abraham belowe dat sy nageslag sal Kanaan as “’n blywende besitting” kry (Genesis 17:8), en Esegiël het profesie uitgespreek oor fisiese en geestelike herlewing van Israel (Esegiël hoofstuk 37). Met Israel as ‘n selfstandige nasie is dit ‘n belangrike waarwording van profesie vanwee Israel se vername rol in die studie van eindtye (Daniel 10:14; 11:41; Openbaring 11:8).

Met al hierdie tekens in gedagte moet ons wys wees aangaande ons afwagting van die eindtyd. Ons moet nie elke teken of insident sien as ‘n duidelike indikasie dat die eindtyd aangebreek het nie. God het ons genoegsame informasie gegee sodat ons ten alle tye voorbereid kan wees, want die eintlike doel is van hierdie informasie van tekens.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die tekens van die eindtyd?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries