settings icon
share icon
Vraag

Wat is tribulasie? Hoe weet ons tribulasie sal 7 jaar aanhou?

Antwoord


Tribulasie is ‘n toekomstige sewe-jaar periode wanneer God Sy disipline met Israel voltooi asook wanneer Hy die ongelowige wereld sal oordeel. Die kerk, wat bestaan uit die mense wat in die Here Jesus glo, asook in Sy werk dat Hy vir ons sondes gesterf het sal nie teenwoordig wees tydens hierdie tribulasie periode nie. Die kerk sal uit die wereld verwyder word in die gebeurtenis wat bekend staan as wegraping (1 Tessalonissense 4:13-18; 1 Korintiers 15:51-53). Die kerk sal gered word van die toorn wat kom (1 Tessalonisensse 5:9). Regdeur Skrif word daar na tribulasie verwys as “Dag van God” Jesaja 2;12; 13:6-9; Joël 1:15; 2:1-31; 3:14; 1 Tessalonissense 5:2), probleme of tribulasie (Deuternomium 4:30; Sefanja 1:2); die groot tribulasie wat verwys na die meer intense twede helfte in die sewe-jaar periode (Matteus 24:21); tyd van of dag van probleme (Daniel 12:1; Sefanja 1:15); tyd van Jacob se probleme (Jeremia 30:7).

Die verstaan van Daniel 9:24-27 is belangrik om sodoende die doel en tyd van tribulasie te kan verstaan. Die gedeelte praat van 70 weke wat uitgespreek is teenoor “jou mense”. Daniel se mense was die Jode, die nasie van Israel en Daniel 9:24 praat van ‘n tydperk wat God daar gestel het om - versoening te doen vir die oortredinge, om ‘n eind te maak van sonde, om met goddeloosheid klaar te maak, om blywende regverdigheid te bring, om geestelike visioene en profesieë te vervul en om die mees heiliges te salf. God verklaar dat sewintig sewe’s sal hierdie tot stand bring. Hierdie is sewintig sewe wat 490 jaar is (party verwys na sewintig weke van jaar). Hierdie word ook in ander dele van Daniel gevind. In verse 25 en 26 word Daniel vertel dat die Messias “afgesny” sal word na die sewe sewes en twee en sestig sewes (69 in totaal) wat begin met die tyd toe Jerusalem herbou was. In ander woorde, 69 sewes van jare (483 jaar) na die herbou van Jerusalem sal die Messias “afgesny” word. Bybelse geskiedkundiges bevestig dat daar 483 jaar verloop het tussen die periode vandat Jerusalem herbou was todat Jesus gekruisig was. Meeste Christen studente ongeag van hul siening van toekomstige eindtyd verstaan Daniel se 70 sewes in hierdie lig.

Met 483 jaar wat verloop het sederd die herbou van Jerusalem tot en met die “afsny” van die Messias laat dit nog een periode oor om Daniel se 9:24 te volbring, “versoening te doen vir die oortredinge, om ‘n eind te maak van sonde, om met goddeloosheid klaar te maak, om blywende regverdigheid te bring, om geestelike visioene en profesieë te vervul en om die mees heiliges te salf”. Hierdie finale periode staan bekend as tribulasie – dit is die tyd wanneer God ‘n einde bring aan Israel se sondes.

Daniel 9:27 gee ‘n paar hoogtepunte vir die sewe-jaar periode, “Die regeerder sal vir een tydperk ‘n vaste ooreenkoms aangaan met die vooraanstaandes en teen die helfde van die tydperk sal hy diereoffers en die graanoffers afskaf. Hy sal op die een hoek van die tempel ‘n sit wat ‘n gruwel is vir God en wat verwoesting aanrig, en dit sal daar staan totdat alles verby is”. Die persoon wat hier oor gepraat word is die persoon wat Jesus noem die “die ding wat ‘n gruwel is vir God” (Matteus 24:15) en word ook in Openbaring 13, “die dier” genoem. Daniel 9:27 vertel ons dat die dier ‘n ooreenkoms vir sewe jaar sal aangaan maar in die helfte van die week (3.5 jaar nadat tribulasie begin het) sal hy die ooreenkoms verbreek en ‘n stop sit op die offers. Openbaring 13 vertel dat die dier ‘n beeld van homself in die tempel sal plaas en daarop aandring dat die wereld hom aanbid. Openbaring 13:5 vertel ons hierdie sal vir 42 maande aanhou, wat 3.5 jaar is. Ons kan dus maklik sien dat die totale periode 84 maande sal wees of dan 7 jaar. Daniel verwys weer na hierdie tydperk in Daniel 7:25 wanneeer daar vertel word van “tyd, tye, en ‘n halwe tyd” (tyd = 1 jaar; tye = 2 jaar; halwe tyd = 0.5 jaar; totaal van 3.5 jaar) en verwys na die “groot tribulasie”, die laaste gedeelte van 3.5 jaar wanneer die dier sal regeer.

Vir verdere verwysing oor tribulasie moet daar in Openbaring 11:2-3 gelees word. Dit praat van 1260 dae en 42 maande, ook in Daniel 12:11-12 wat praat van 1290 dae en 1335 dae. Hierdie verwys na die middelpunt van tribulasie. Die additionele dae in Daniel 12 kan moontlik verwys na die einde van oordeel van alle nasies (Matteus 25:31-46) en die tydperk wanneer Christus Sy duisendjarige koningryk opstel (Openbaring 20:4-6).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is tribulasie? Hoe weet ons tribulasie sal 7 jaar aanhou?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries