settings icon
share icon
Vraag

Wie was die twaalf (12) dissipels / apostels van Jesus Christus?

Antwoord


Die woord “dissipel” verwys na ‘n leerling of volgeling. Die woord “apostel” beteken “een wat uitgestuur is.” Terwyl Jesus op aarde was, was Sy twaalf volgelinge dissipels genoem. Die twaalf dissipels het Jesus gevolg, van Hom geleer, en was deur Hom onderrig. Na Sy opstanding en hemelvaart, het Jesus die dissipels uitgestuur om Sy getuies te wees (Mattheus 28:18-20; Handelinge 1:8). Daar was toe na hulle verwys as die twaalf apostels. Maar selfs terwyl Jesus nog op aarde was, was die terme “dissipels” en “apostels” in ‘n mate afwisselend gebruik.

Die oorspronklike twaalf dissipels / apostels word in Mattheus 10:2-4 genoem, “En dit is die name van die twaalf apostels: die eerste Simon wat Petrus genoem word, en Andreas, sy broer; Jakobus, die seun van Sebedeus, en Johannes sy broer; Filippus en Bartholomeus; Thomas en Mattheus, die tollenaar; Jakobus, die seun van Alfeus, en Lebbeus wat genoem word Thaddeus; Simon Kananites en Judas Iskariot, die een wat Hom verraai het.” Die Bybel noem ook die twaalf dissipels / apostels in Markus 3:16-19 en Lukas 6:13-16. ‘n Vergelyking tussen die drie Skrifgedeeltes toon ‘n paar kleinere verskille in die name. Dit blyk dat Thaddeus ook bekend was as “Judas, die seun van Jakobus” (Lukas 6:16) en as Lebbeus (Mattheus 10:3). Simon die Yweraar (Lukas 6:15) was ook Simon die Kananites (Markus 3:18) genoem. Judas Iskariot, die een wat vir Jesus verraai het, was deur Matthias vervang (sien Handelinge 1:20-26). Sommige Bybelkenners sien Matthias as ‘n “ongeldige” apostel en glo dat Paulus God se keuse was om Judas Iskariot as die twaalfde apostel te vervang.

Die twaalf dissipels / apostels was gewone mense wat deur God op ‘n buitengewone wyse gebruik was. Tussen die twaalf was daar vissermanne, ‘n tollenaar, en ‘n opstandige. Die Evangelies vermeld die gedurige feilbaarheid, worsteling, en twyfel van hierdie twaalf manne wat vir Jesus gevolg het. Nadat hulle getuies was van Jesus se opstanding en hemelvaart, het die Heilige Gees hierdie dissipels / apostels verander in kragtige manne van God wat die wêreld in opstand gebring het (Handelinge 17:6). Wat was hierdie verandering? Die twaalf apostels / dissipels was “metgeselle van Jesus” (Handelinge 4:13). Mag dieselfde van ons gesê word!

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wie was die twaalf (12) dissipels / apostels van Jesus Christus?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries