settings icon
share icon
Vraag

Wat is die verskil tussen die universele kerk en die plaaslike kerk?

Antwoord


Om die verskil tussen die universele en die plaaslike kerk te verstaan, moet ‘n mens eers ‘n basiese definisie van elkeen kry. Die plaaslike kerk is ‘n groep gelowiges in Jesus Christus wat op gereelde basis in ‘n spesifieke lokaal bymekaar kom. Die universele kerk bestaan uit alle gelowiges in Jesus Christus wêreldwyd. Die term “kerk” kom van ten minste twee woorde. Een woord het te doen met die samekoms of “gemeente” (1 Tess 2:14; 2 Tess 1:1). Hierdie woord verwys na die werk van God, deur gelowiges te red en af te sonder as “geroepenes”. Die woord “kerk” wat in die Engelse Bybel gebruik word, is hierdie een. Die tweede woord praat van eienaarskap en beteken letterlik, “om aan die Here te behoort”. Dit is die woord wat getranskribeer is na die eintlike woord “kerk”. Hierdie Griekse woord word net twee maal in die Nuwe Testament gebruik en die ” kerk” word nooit direk genoem nie (1 Kor 11:20; Openbaring 1:10).

‘n Plaaslike kerk word normaalweg gedefinieer as ‘n plaaslike gemeente, waarvan almal geloof en vertroue in Christus bely. Meestal is die Griekse word “ekklesia” in verband met die plaaslike gemeente gebruik (1 Tess 1:1; 1 Kor 4:17; 2 Kor 11:8). Daar is nie net een spesifieke plaaslike kerk in enige area noodwendig nie, maar baie plaaslike kerke in groter stede.

Die universele kerk is die naam wat aan die kerk wêeldwyd gegee is. In hierdie opsig is die idée van die kerk nie soseer die gemeente nie, maar eerder diegene wat dit saam vorm. Die kerk is die kerk selfs wanneer dit nie ‘n byeenkoms het nie. In Handelinge 8:3 kan ons sien dat die kerk die kerk bly, selfs al is hulle by die huis. Wanneer ons Hand 9:31 ondersoek, neem ons waar dat die King James verwys daarna, dat die woord kerke eintlik die enkelkerk moet wees, wat die universele kerk beskryf en nie net die plaaslike kerke nie. Sommige probeer om die universele kerk as die onsigbare kerk te beskryf. Wees versigtig om dit nie te doen nie. Die universele kerk is nooit in die Bybel as onsigbaar beskryf nie en dit was verseker nie bedoel om onsigbaar te wees nie. Hier is meer verse wat van die universele kerk praat: (1 Kor 12:28; Matt 16:18; Ef 1:22-23; Kol 1:18).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die verskil tussen die universele kerk en die plaaslike kerk?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries