settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek die boek Openbaring verstaan?

Antwoord


Die sleutel tot Bybelse interpretasie, veral vir Openbaring, is om deurlopende uitlegkunde te gebruik. Uitlegkunde is die studie van die beginsels van interpretasie. Met ander woorde, dit is die manier om die Skrif te interpreteer. ‘n Normale uitlegkunde of normale interpretasie van die Skrif beteken, dat, tensy die vers of gedeelte duidelik aandui dat die skrywer beeldspraak gebruik, dit in die normale betekenis verstaan moet word. Ons moenie vir ander betekenisse gaan soek, as die normale betekenis sin maak nie. Ons moet ook nie die Skrif vergeestelik deur betekenisse aan woorde of frases toe te voeg, wanneer dit duidelik is dat die outeur, onder die leiding van die Heilige Gees, meen dat dit verstaan moet word, soos dit daar geskrywe is nie.

Een voorbeeld is Openbaring 20. Baie wil verskeie betekenisse tot die duisendjarige periode toedig. Tog, impliseer die taal geensins dat die verwysings na die duisend jare iets anders as letterlik ‘n periode van duisend jaar beteken nie.

‘n Maklike uitleg vir Openbaring vind ons in Openbaring 1:19. In die eerste hoofstuk praat die opgestane en verheerlikte Christus met Johannes. Christus sê aan Johannes “Skrywe nou op wat jy gesien het, wat nou daar is en wat hierna gaan gebeur.” Die dinge wat Johannes reeds gesien het, kom in die eerste hoofstuk voor. Die dinge wat in Johannes se tyd was, is opgeneem in hoofstukke 2-3 (die briewe aan die kerke). Die toekomstige dinge staan in hoofstukke 4-22.

Openbaring 4-18 handel in die algemeen oor God se oordeel oor die mense op die aarde. Hierdie oordele is nie vir die kerk nie (1 Tess 5:2,9). Voor die oordele begin, sal die kerk van die aarde af verwyder wees, tydens die wegraping 1 Tess 4:13-18; 1 Kor 15:51-52). Hoofstukke 4-18 beskryf “‘n tyd van swaarkry vir Jakob” – moeilikheid vir Israel (Jer 30:7; Dan 9:12, 12:1). Dit is ook ‘n tyd wanneer God ongelowiges sal oordeel weens hul rebellie teen Hom.

Hoofstuk 19 beskryf Christus se wederkoms saam met die kerk, die bruid van Christus. Hy oorwin die dier en die valse profeet en werp hulle in die helse vuur. In hoofstuk 20 het Christus die Satan gebind en in die poel van vuur en swael gegooi. Dan rig Christus Sy koninkryk op aarde op, wat 1000 jaar sal bly. Aan die einde van die 1000 jaar, word Satan losgelaat en hy voer ‘n rebellie teen God. Hy is gou verslaan en ook in die helse vuur gegooi. Dan vind die finale oordeel plaas, die oordeel van die ongelowiges, wanneer hulle ook in die helse vuur gewerp word.

Hoofstukke 21 en 22 beskryf, waarna verwys word as die ewige toestand. In hierdie hoofstukke vertel God hoe die ewigheid saam met Hom gaan lyk. Die Openbaringboek is verstaanbaar. God sou dit nie aan ons gegee het, indien die betekenis totaal ‘n misterie was nie. Die sleutel om Openbaring te verstaan, is om dit so letterlik as moontlik te interpreteer – dit sê wat dit beteken en beteken wat dit sê.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek die boek Openbaring verstaan?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries