Hoekom het God vier Evangelies vir ons gegee?




Vraag: "Hoekom het God vier Evangelies vir ons gegee?"

Antwoord:
Hier is ‘n paar redes waarom God vier Evangelies, in plaas van net een gegee het:

1) Om ‘n meer volledige beeld van Christus te skep. Aangesien die Bybel as geheel deur God geïnspireer is (2 Tim 3:16), het Hy mense van verskillende agtergronde en persoonlikhede as skrywers gebruik, om Sy doel deur hulle skrywe te bereik. Elke Evangelie-skrywer het ‘n spesifieke doel agter sy Evangelie gehad en om daardie doelstellings te behaal, het elkeen verskillende aspekte van die persoon en bediening van Jesus Christus beklemtoon.

Matteus het aan ‘n Hebreeuse gehoor geskryf en een van sy doelwitte was om deur Jesus se geslagsregister en die vervulling van die Ou Testamentiese profesieë te bewys, dat Hy die langverwagte Messias was en hulle dus in Hom behoort te glo. Matteus het die klem op Jesus, die beloofde Koning, die “Seun van Dawid” wat vir ewig op die troon van Israel sou sit, geplaas (Matt 9:27, 21:9).

Markus, ‘n neef van Barnabas (Kol 4:10) was ‘n ooggetuie tydens die gebeure in Christus se lewe, sowel as ‘n vriend van die dissipel, Petrus. Markus het vir ‘n heidense gehoor geskryf, want hy het belangrike dinge vir Joodse lesers uitgelaat (geslagsregisters, Christus se geskille met Joodse leiers tydens Sy tyd op aarde, herhaaldelike verwysings na die Ou Testament, ens). Markus het Christus beklemtoon as die lydende Dienskneg, die Een wat nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en Sy lewe as losprys vir baie te gee (Markus 10:45).

Lukas die geliefde dokter (Kol 4:14), evangelis en metgesel van die apostel Paulus, het beide die Evangelie van Lukas en die Handelinge van die apostels geskryf. Lukas is die enigste outeur wat aan die heidene in die Nuwe Testament geskryf het. Hy was lank bekend as ‘n ywerige bobaas-historikus as gevolg van hulle wat van sy geskrewe werke in genealogie en geskiedkundige studies gebruik het. As historikus het hy gemeld dat dit sy doelwit was om ‘n ordelike verslag oor Christus se lewe te skryf, gebaseer op die verslae van ooggetuies (Luk 1:1-4). Aangesien hy spesifiek tot voordeel van Teofilus, waarskynlik ‘n heiden van een of ander formaat, geskryf het, was sy Evangelie gerig op die heidense gehoor. Sy bedoeling is om te wys dat die Christelike geloof op historiese en bewese gebeure gegrond is. Lukas verwys dikwels na Christus as die “Seun van die Mens”, hy beklemtoon Sy mensheid en deel baie inligting wat nie in die ander Evangelies gevind word nie.

Die Evangelie van Johannes is deur die apostel Johannes geskryf en is verskillend van die ander drie Evangelies en bevat baie teologiese inhoud, betreffende die persoon van Christus en die betekenis van geloof. Matteus, Markus en Lukas staan bekend as die “Sinoptiese Evangelies”, omdat hulle eenderse style en inhoud het en omdat hul ‘n samevatting van die lewe van Christus gee. Die Evangelie van Johannes begin nie met Jesus se geboorte of Sy vroeëre aardse bediening nie, maar met die aktiwiteit en eienskappe van die Seun van God, voordat Hy mens geword het (Joh 1:14). Die Evangelie beklemtoon die goddelikheid van Christus, soos gesien word in aanhalings soos “die Woord was self God” (Joh 1:1), “die Verlosser van die wêreld” (Joh 4:42), die “Seun van God” (herhaaldelik gebruik) en “Here en….God” (Joh 20:28). In Johannes se Evangelie bevestig Jesus Sy goddelikheid met verskeie “Ek Is” stellings; mees herkenbare onder hulle is Joh 8:58, waar Hy bevestig dat “Voordat Abraham gebore is, was Ek al wat Ek is” (vergelyk met Eksodus 3:13-14). Johannes het ook die feit van Jesus se menswees beklemtoon, omdat hy die begeerte gehad het om die fout van ‘n godsdienstige sekte van daardie tyd, die Gnostiese sekte, wat nie in Christus se menswees geglo het nie, uit te wys. Die Johannes-Evangelie maak sy algehele doelwit bekend, soos geskryf staan in Joh 20:30-31,”Jesus het nog baie wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor Sy dissipels gedoen. Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God en sodat julle deur te glo, in Sy Naam die lewe kan hê.”

Dus, deur vier verskillende en tog ooreenstemmende verslae oor Christus te hê, word verskeie aspekte van Sy persoon en bediening uitgelig. Elke berig word soos ‘n draad met verskillende kleure in ‘n geweefde muurbehangsel saam geweef, om uiteindelik as geheel ‘n prent te vorm van hierdie Een wat nie beskryf kan word nie. Alhoewel ons nooit alles oor Jesus Christus ten volle sal verstaan nie (Joh 20:30), kan ons deur middel van die vier Evangelies genoeg kennis opdoen om Hom te waardeer vir wie Hy is en vir wat Hy vir ons gedoen het, sodat ons kan lewe deur geloof in Hom te hê.

2) Om dit vir ons moontlik te maak om objektief die juistheid van hul weergawes te beoordeel. Die Bybel van die vroegste tye meld dat daar in ‘n geregshof nie oordeel oor ‘n persoon uitgespreek mag word op die basis van ‘n enkele ooggetuie nie, maar dat twee of drie getuies nodig was (Deut 19:15). Dus, om verskillende beriggewing van die Persoon en aardse bediening van Jesus Christus te hê, maak dit vir ons moontlik om te bepaal hoe akkuraat die inligting oor Hom is.

Simon Greenleaf, ‘n welbekende en erkende segsman, betreffende betroubare getuienis in ‘n geregshof, het die vier Evangelies vanuit ‘n regsperspektief ondersoek. Hy het waargeneem dat die tipe ooggetuie-verslae wat in die vier Evangelies gegee word, ooreenstem, maar dat elke skrywer self kies watter inligting weggelaat of bygevoeg moes word. Dit is tipies van betroubare, onafhanklike bronne wat in ‘n geregshof as sterk getuienis aanvaar sou word. Sou die Evangelies dieselfde informasie bevat, met dieselfde besonderhede vanaf dieselfde perspektief, sou dit op samewerking dui, byvoorbeeld dat die skrywers vooraf bymekaargekom het om hul stories eenders te kry en sodoende hul geskrewe werk geloofbaar te maak. Die verskille tussen die Evangelies, selfs die oënskynlike teenstrydighede van besonderhede in die eerste ondersoek, spreek van die onafhanklike aard van hul geskrifte. Ten spyte van die onafhanklike aard van die vier Evangelis, ooreenkomste in hul inligting, maar verskille in hul perspektief, hoeveelheid inligting en watter gebeure opgeneem moes word, dui aan dat die aantekeninge oor Christus se lewe en bediening, soos in die Evangelies aangebied, is feitelik en eg.

3) Om diegene te vegoed wat ywerig soek. Daar is groot gewin in ‘n individuele studie van elke Evangelie, maar daar is nog meer deur te vergelyk en die kontraste in spesifieke gebeure van Jesus se bediening op te weeg. In Matt 14:22 word gesê dat “Net daarna het Jesus Sy dissipels in die skuit laat klim om solank voor Hom uit te vaar na die oorkant toe terwyl Hy nog eers die mense huis toe laat gaan.” Nou mag ons vra, hoekom het Hy dit gedoen? Daar word geen behoorlike rede deur Matteus daarvoor gegee nie. As ons dit egter met Markus 6 vergelyk, dan sien ons dat die dissipels teruggekom het van hul sending om duiwels uit te dryf en siek mense te genees deur die outoriteit wat Hy aan hul gegee het, toe Hy hulle twee-twee uitgestuur het. Hulle het egter verwaand teruggekeer en Hom begin voorskryf (Matt 14:15). Deur hulle dus in die aand na die ander kant van die See van Galilea te stuur, het Jesus twee dinge aan hul geopenbaar. Terwyl hulle teen die wind en golwe op hul eie moes sukkel tot vroeg in die more (Mark 6:48-50), het hulle begin sien, dat 1) hulle niks vir God uit hulself kan vermag nie en 2) niks is onmoontlik as hulle op Hom roep en in afhanklikheid van Sy krag lewe nie. Daar is baie gedeeltes wat soortgelyke “juwele” bevat en wat deur ‘n ywerige student van die Woord van God gevind kan word. Tyd is egter nodig om Skrif met Skrif te vergelyk.


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom het God vier Evangelies vir ons gegee?