settings icon
share icon
Vraag

Is daar verskillende vlakke van straf in die hel?

Antwoord


Die siening dat daar verskillende vlakke van straf in die hel is, is hoofsaaklik afgelei van “The Divine Comedy”, geskryf deur Dante Alighieri tussen 1308 en 1321. In die Romeinse gedig “Virgil” skryf Dante oor die nege sirkels van die hel. Die sirkels is konsentries, ‘n voorstelling van ‘n geleidelike vermeerdering in verval en bereik die hoogtepunt in die senter van die aarde, waar Satan gevange gehou word. Elke sirkel se sondaars is gestraf op ‘n manier wat by hul oortredings gepas het. Elke sondaar is vir ewig geteister deur die hoofsonde wat hy gepleeg het. Volgens Dante, loop die sirkels van die eerste een, waar die ongedoopte en rein heidene gewoon het, tot die binne –senter van die hel, wat gereserveer is vir diegene wat die ergste sonde gepleeg het – verraad teen God.

Alhoewel die Bybel nie spesifiek so sê nie, wil dit so voorkom asof daar verskillende vlakke van straf in die hel is. In Open 20:11-15 is die mense “ geoordeel volgens wat daar in die boeke geskrywe staan oor alles wat hulle gedoen het” (Open 20:12). Al die mense in hierdie oordeel egter is in die poel van vuur gegooi (Open 20:13-15). Aldus, miskien, is die doel van die oordeel om te bepaal hoe erg die straf in die hel sal wees. Wat ookal die geval is, om in ‘n effens minder warm deel van die vuurpoel gegooi te word, is nie veel vertroosting vir diegene wat reeds vir ewig verdoem is nie.

‘n Ander aanduiding dat daar verskillende vlakke is, word in Jesus se woorde gevind: “Die slaaf wat geweet het wat sy eienaar wil hê maar wat nie gereed gemaak of volgens die wil van sy eienaar gehandel het nie, sal ‘n swaar straf kry. Maar hy wat nie geweet het nie en dinge gedoen het wat straf verdien, sal ‘n ligte straf kry. Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie geëis word; en van hom aan wie baie toevertrou is, sal meer gevra word” (Luk 12:47-48).

Watter tipe grade van straf daar ookal in die hel is, is dit duidelik dat die hel ‘n plek is om te vermy.

Ongelukkig, volgens die Bybel sal die meeste mense in die hel beland: “Gaan deur die nou poort in. Die poor t wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed en dié wat daardeur ingaan, is baie. Maar die poor t wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal en dié wat dit kry, is min (Matt 7:13-14). Die vraag wat ‘n mens moet vra is “Op watter pad is ek?” Die “baie” op die breë pad het een ding in gemeen – Hulle het almal vir Christus as die een en enigste pad na die Hemel, verwerp. Jesus het gesê, “Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie” (Joh 14:6). Toe Hy gesê het dat Hy die enigste Weg is, is dit presies wat Hy bedoel het. Elkeen wat ‘n ander weg, behalwe Jesus Christus volg, is op die breë pad na vernietiging en of daar verskillende vlakke van straf in die hel is of nie, is die lyding afgryslik, angswekkend, ewig en vernietigend.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is daar verskillende vlakke van straf in die hel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries