settings icon
share icon
Vraag

Wat is die voor-duisendjaar?

Antwoord


Die voor-duisendjaar is die siening dat Jesus se terugkoms gebeur voor Sy duisendjarige koningryk en dat die duisendjaar ‘n letterlike 1000 jaar is wanneer Jesus op aarde sal regeer. Om hierdie te verstaan moet daar na die verse in die Bybel gekyk word tydens eindtyd. Daar is egter twee aspekte wat duidelik verstaan moet word: ‘n behoorlike manier om verse te vertok (begryp) en die onderskeid tussen Israel (Jode) en die kerk (die liggaam van gelowiges in Jesus).

Eerstens die behoorlike manier om Skrif te vertolk beteken dat die interpretasie op ‘n manier moet wees wat konstand is met die konteks waarin dit gebeur. Die beteken dat die vertolking moet geskied op ‘n manier wat rekenskap hou aan wie dit geskryf was, wanneer dit geskryf was en wie dit geskryf het. Dit is ook belangrik dat ons weet wie die skrywer van die boek (byvoorbeeld Johannes) was, die mense aan wie hy geskryf het (teiken mark) en die historiese agtergrond van elke vers wat vertok word. Die historiese en kulturele aspekte help gewoonlik om die korrekte betekenis van die gedeelte te kan verstaan. Dit is net so belangrik om te weet dat Skrif, Skrif self vertolk. Hierdie verwys dat gedeeltes in die Bybel ook in ander gedeeltes genoem of bespreek word. Dus is dit belangrik dat al hierdie gedeeltes op dieselfde manier vertolk word en dat die vertolking van hulle konstand moet bly.

Dan ook, baie belangrik, verse moet altyd verstaan word in hul normale, gewone letterlike betekenis, behalwe as die konteks van die gedeelte aantoon dat dit figuurlik is. ‘n Letterlike vertolking ontneem nie die moontlikheid van ‘n figuurlike spraak nie. Dit moedig eintlik die vertolker aan om nie ‘n iets figuurlike “in te lees” nie tensy dit geskik is vir daardie spefieke konteks. Dit is van uiterste belang om nooit ‘n meer dieper mening te soek as wat daar geskryf staan nie. Vergeesteliking van ‘n gedeelte is gevaarlik omrede dit die basis van korrekte interpretasie van die Skrif laat afwyk. Indien hierdie toegepas word sal daar geen standaard interpretasie van Skrif wees nie en word die Bybel dus vertolk volgens wat die leser in dit wil insien. Twee Petrus 1;20-21 sê, “Dít veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgelê word nie, want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig”.

Wanneer hierdie beginsels toegepas word sal daar gesien word dat Israel (Abraham se fisiese afstammelinge) en die kerk (Christus se liggaam van gelowiges) twee afsonderlike groepe is. Dit is uiters belangrik dat Israel en die kerk apart gehou moet word, indien nie sal die Skrif verkeerd vertolk word. Die gedeeltes wat gaan oor beloftes aan Israel word gewoonlik verkeerd vertolk (beide wat al vervul is en wat nog vervul moet word). Hierdie beloftes aan Israel moet nie aan die kerk toe gedeel word nie. Onthou dat die konteks van die gedeelte sal bepaal vir wie dit geskryf was en sal aandui op die korrekte vertolking.

Met hierdie in gedagte kan ons nou kyk na die voor-duisendjaar ryk siening. Genesis 12:1-3, “Die Here het vir Abram gesê: "Trek uit jou land uit, weg van jou mense en jou familie af na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys. Ek sal jou 'n groot nasie maak, Ek sal jou seën en jou 'n man van groot betekenis maak, en jy moet tot 'n seën wees. Ek sal seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek. In jou sal al die volke van die aarde geseën wees".

God belowe hier vir Abraham drie dinge: Abraham sal baie nageslagte hê, hierdie nasie sal hul eie land bewoon en daar sal ‘n universële seën kom oor alle mense uit Abraham se geslag (Jode). In Genesis 15:9-17 bekragtig God Sy verbond met Abraham. Die manier hoe God ‘n verbond sluit plaas al die verantwoordelikheid van die verbond op God self en beteken dat Abraham niks hoef te doen om die belofte stand te hou nie, Abraham kon ook niks doen wat die verbond sal laat wegval nie. In hierdie gedeelte van Skrif sien ons ook dat die grense, waar die Jode uitteindelik sal woon, aangedui word. Deuteronomium 34 toon hierdie grense duidelik aan. Ander gedeeltes wat ook na die belofte verwys sal in Deuteronomium 30:3-5 en Esegiël 20:42-44 gevind word.

In 2 Samuel 7:10-17 sien ons die belofte wat God aan Koning Dawid gemaak het. Hier belowe God Dawid dat hy afstammelinge sal hê en dat God uit hulle ‘n ewige koningryk sal tot stand sal bring. Hierdie verwys na die heerskappy van Christus tydens die duisend jaar asook die ewige lewe daarna. Dit is belangrik om te weet dat hierdie belofte letterlik sal geskied en dat dit nog nie plaasgevind het nie. Sommige mense glo dat die heerskappy van Salomo hierdie belofte letterlik vervul het maar daar is ‘n probleem met hierdie siening. Die gebied waaroor Salomo geheers het word nie vandag deur Israel bewoon nie en heers Salomo nie meer oor die Israel van vandag nie. Onthou God het Abraham belowe dat sy nageslagte die land vir altyd sal besit. Ook in 2 Samuel 7 sê God dat Hy ‘n koning vir altyd sal tot stand bring en wat vir altyd sal regeer. Salomo kon dus nie die belofte wat aan Dawid gemaak was, vervul nie. So, hierdie belofte moet nog steeds nagekom word (in die toekoms).

Met al hierdie in gedagte moet ons nou kyk wat staan in Openbaring 20:1-7. Die duisend jaar wat oor en oor genoem word in hierdie gedeelte kom ooreen met Christus se 1000 jaar van heerskappy hier op aarde. Die belofte aan Dawid aangaande die heerser moet nog vervul word. Voor-duisendjaar siening, sien hierdie gedeelte as ‘n toekomstige gebeurtenis wat deur Christus vervul sal word. God het aan beide Abraham en Dawid ‘n onheroeplike verbond gemaak. Nie een van hierdie twee verbonde het al gebeur nie. ‘n Letterlike fisiese heerskappy van Jesus kan hierdie verbonde vervul soos God dit belowe het.

As die letterlike metode van interpretasie toegepas word dan sien ons hoe dit alles mooi bymekaar pas. Al die Ou Testament profesië oor Christus se eerste koms het al letterlik plaasgevind. Voor-duisendjaar siening (Jesus se terugkeer na aarde) is die enigste sisteem wat ooreenstem met ‘n letterlike vervulling van God se twee verbonde en eindtyd profesië.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die voor-duisendjaar?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries