settings icon
share icon
Vraag

Wat is die vrug van die Heilige Gees?

Antwoord


Gal 5:22-23 sê, “Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.” Die vrug van die Heilige Gees is die gevolg van die teenwoordigheid van die Heilige Gees in die lewe van ‘n Christen. Die Bybel maak dit duidelik dat elkeen die Heilige Gees ontvang op die óómblik wanneer hy of sy in Jesus Christus glo (Rom 8:9, 1 Kor 12:13, Ef 1:13-14). Een van die primêre oogmerke wanneer die Heilige Gees in ‘n Christen se lewe inkom, is om daardie lewe te verander. Dit is die Heilige Gees se werk om ons te omvorm na die beeld van Christus en ons al meer na Sy beeld te vernuwe.

Die vrug van die Heilige Gees is in direkte teenstelling met die handelinge van die sondige natuur in Gal 5:19-21, “Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie.” Hierdie vers sê dat alle mense, verskillend van aard, wat nie vir Christus ken nie, dus nie onder die invloed van die Heilige Gees staan nie. Ons sondige vlees produseer sekere soorte vrugte, wat ons natuur reflekteer en die Heilige gees produseer sekere soorte vrugte wat Sy natuur feflekteer.

Die Christelike lewe is ‘n stryd tussen die sondige natuur en die nuwe natuur wat Christus vir ons gegee het (2 Kor 5:17). As gevalle mense, is ons steeds vasgevang in ‘n liggaam wat die sondige dinge begeer (Rom 7:14-25). As Christene produseer die Heilige Gees Sy vrugte in ons en ons besit die Heilige Gees se krag om die aanslae van die sondige natuur te oorwin (2 Kor 5:17, Fil 4:13). ‘n Christen sal nooit volledig daarin slaag om altyd die vrugte van die Heilige Gees te leef nie. Dit is een van die hoofstrewes van die Christelike lewe om wel stapsgewys die Heilige gees toe te laat, om meer en meer van Sy vrug in ons lewens te produseer – en ook om die Heilige Gees toe te laat om die sondige begeertes teen te staan. Die vrug van die Gees is wat God begeer dat ons lewens moet vertoon en met die hulp van die Heilige Gees is dit wel moontlik!

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die vrug van die Heilige Gees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries