settings icon
share icon
Vraag

Wanneer en hoe ontvang ons die Heilige Gees?

Antwoord


Die apostel Paulus leer ons duidelik dat ons die Heilige Gees ontvang die oomblik wat ons Jesus as ons Saligmaker aanvaar. Een Korintiërs 12:13 verklaar, “Party van ons is Jode, ander nie-Jode, ander weer slawe en nog ander vry mense. Maar ons is almal deur die een Gees gedoop in Christus se liggaam. En ons almal van die een Gees deurdrenk”. Romeine 8:9 vertel ons dat indien ‘n persoon nie die Heilige Gees het nie, behoort daardie persoon nie aan Christus nie, “Maar julle word nie deur julle sondige natuur beheer nie. Julle word beheer deur die Gees omdat die Gees van God in julle woon. Onthou, iemand wat nie die Gees van Christus het nie, is nie een van Sy mense nie! Efesiërs 1:13-14 leer ons dat die Heilige Gees die seël is van redding vir almal wat glo: “Deur wat Jesus gedoen het, is julle, toe julle tot geloof kom het, tot God se eiendom gemerk. Hierdie eiendomsteken is die Heilige Gees wat God belowe het. Die Heilige Gees is ‘n deposito wat ons volle erfnis waarborg todat almal wat aan God behoort, volkome verlos sal wees. Daarom moet ons God se grootheid prys!”.

Hierdie drie gedeeltes maak dit duidelik dat die Heilige Gees ontvang word die oomblik wanneer ons gered word. Paulus sou nie kon sê dat ons almal gedoop word in een Gees en deurdrenk word in een Gees indien al die Korintiërs nie die Heilige Gees alreeds gehad het nie. Romeine 8:9 is nog sterker in hierdie aspek omrede dit duidelik sê dat as ons nie die Heilige Gees het nie behoort ons nie aan Christus nie. Die feit dat mense die Heilige Gees in hulle het, is die kenmerk dat hulle wel gered is. Efesiërs 1:13-14 beaam dat die seël van redding slegs ontvang word die oomblik wanneer redding plaasvind. Baie ander verse maak dit ook duidelik dat ons redding gewaarborg is die oomblik wanneer ons (werklik en opreg) Christus as ons Verlosser aanvaar.

Hierdie bespreking word heelwat betwis as gevolg van die feit dat ministrieë van die Heilige Gees hierdie nie verstaan nie. Die ontvang / inwoning van die Gees gebeur tydens redding. Die vervulling deur die Gees is ‘n deurlopende proses in die lewe van ‘n Christen. Ons glo dat die doop van die Gees ook gebeur die oomblik van redding, maar party Christene stem nie met ons saam nie. Hierdie verskille veroorsaak dat die “doop in die Heilige Gees” verwar word met die “ontvang van die Heilige Gees” as die teken van redding.

Ten slotte, hoe weet ons dat ons die Heilige Gees ontvang het? Ons ontvang die Heilige Gees deur eenvoudig Jesus Christus aan te neem as ons Verlosser (Johannes 3:5-16). Wanneer ontvang ons die Heilige Gees? Ons word die eiendom van die Heilige Gees die oomblik wat ons glo.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wanneer en hoe ontvang ons die Heilige Gees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries