settings icon
share icon
Vraag

Wat is ware godsdiens?

Antwoord


Godsdiens kan gedefinieer word as “geloof in God of gode wat aanbid moet word, wat gewoonlik gestalte vind in gedrag en rituele” of “enige spesifieke stelsel van geloof, aanbidding, ensovoorts, waarby dikwels ‘n etiese kode betrokke is.” Verreweg meer as 90% van die wêreldbevolking hang een of ander vorm van godsiens aan. Die probleem is dat daar so baie verskillende godsdienste is. Wat is die regte godsdiens? Wat is ware godsdiens?

Die twee mees algemene bestanddele in godsdienste is reëls en rituele. Sommige godsdienste is hoofsaaklik niks anders as ‘n lys van reëls, moets en moenies, wat ‘n persoon moet nakom ten einde geag te word ‘n getroue navolger van daardie godsdiens te wees, en daardeur reg te wees met die god van daardie godsdiens. Twee voorbeelde van reëlsgebaseerde godsdienste is Islam en Judaïsme. Islam het vyf pilare van geloof wat nagekom moet word. Judaïsme het honderde gebooie en tradisies wat hulle moet nakom. Beide godsdienste, in ‘n sekere mate, maak daarop aanspraak dat deur die nakoming van hulle reëls, ‘n persoon geag te word reg te wees met God.

Ander godsdienste beklemtoon die nakoming van rituele meer as om aan ‘n lys reëls gehoorsaam te wees. Deur hierdie offer te bring, of hierdie taak te verrig, of deel te hê aan hierdie diens, hierdie maaltyd te eet, ensovoorts, word ‘n persoon reg met God. Die mees uitstaande voorbeeld van ‘n ritueelgebaseerde godsdiens is die Rooms-Katolieke. Die Rooms-Katolieke glo dat deur met water gedoop te word as ‘n baba, deur aan die Mis deel te neem, deur jou sonde aan ‘n priester te bely, deur te bid tot heiliges in die hemel, deur met olie deur ‘n priester gesalf te word voor jy sterf, ens, ens, sal maak dat God so ‘n persoon na sy dood in die hemel ontvang. Boeddhisme en Hindoeïsme is ook ritueelgebaseerde godsdienste, maar kan ook in ‘n mindere mate geag reëlsgebaseerde godsdienste te wees.

Ware godsdiens is nie reëls- of ritueelgebaseer nie. Ware godsdiens is ‘n verhouding (gemeenskap) met God. Twee punte wat deur alle godsdienste aangehang word is dat die mensdom op die een of ander manier van God afvallig is en nodig het om met Hom versoen te word. Valse godsdienste probeer om hierdie probleem te bowe te kom deur reëls en rituele na te volg. Ware godsdiens los die probleem op deur te erken dat net God hierdie skeiding kan herstel, en dat Hy dit reeds gedoen het. Ware godsdiens erken die volgende:

• Ons het almal gesondig en is dus van God afvallig (Romeine 3:23).

• As dit nie herstel word nie, is die loon vir die sonde die dood en ewige skeiding met God na die dood (Romeine 6:23).

• God het na ons gekom in die Persoon van Jesus Christus en het in ons plek gesterf, Hy het die straf wat ons verdien op Hom geneem, en het uit die dood opgestaan om te bewys dat Sy dood die volkome offer was (Romeine 5:8; 1 Korinthiërs 15:3-4; 2 Korinthiërs 5:21).

• As ons Jesus as ons Verlosser aanvaar, en glo dat Sy dood die volle betaling vir ons sonde was, dan is ons vergewe, gered, vrygekoop, versoen, en geregverdig met God (Johannes 3:16; Romeine 10:9-10; Efesiërs 2:8-9).

Ware godsdiens het wel reëls en gebruike, maar daar is ‘n beslissende onderskeid. In ware godsdiens word die reëls en gebruike nagekom uit dankbaarheid vir die verlossing wat God beskik het – NIE in ‘n poging om daardie verlossing te verkry nie. Ware godsdiens, wat die Bybelse Christendom is, het reëls wat gehoorsaam moet word (jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie egbreek nie, jy mag nie valse getuienis spreek nie, ens) en gebruike wat nagekom moet word (die Heilige Doop met water en die Heilige Nagmaal met brood en wyn). Die nakoming van hierdie reëls en gebruike is nie wat ‘n persoon se verhouding met God regmaak nie. Hierdie reëls en gebruike is eerder die GEVOLG van die persoon se verhouding met God, deur genade en deur geloof in Jesus Christus alleen as die Verlosser. Valse godsdiens doen hierdie dinge (reëls en rituele) om te probeer om God se guns te wen. Ware godsdiens neem Jesus Christus as Verlosser aan en het daardeur die regte verhouding met God – en doen dan dinge (reëls en gebruike) uit liefde vir God en met die begeerte om steeds nader aan Hom te groei.

Het jy ‘n besluit vír Jesus Christus geneem as gevolg van wat jy hier gelees het? Indien wel, druk die “Ek het Jesus Christus vandag aanvaar” - knoppie hieronder.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is ware godsdiens?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries