settings icon
share icon
Vraag

Wat is die kerk?

Antwoord


Baie mense dink die kerk is ‘n gebou. Hierdie denke is nie Bybels nie en is ‘n misverstand. Die woord “kerk” kom van die Grikse woord ekklesia wat gedefineer word as “’n bymekaar kom” of “die wat geroep is”. Die basiese betekenis van “kerk” is dus nie ‘n gebou nie, maar wel mense. Dit is ironies dat wanneer jy mense vra aan watter kerk hulle behoort dan antwoord hulle met ‘n verwysing na ‘n gebou. Romeine 16:5 sê, “Groete ook aan die gemeente wat in hul huis bymekaarkom” – duidelik nie ‘n gebou nie maar wel mense.

Die kerk is die liggaam van Christus en Hy is die hoof. Effesiërs 1:22-23 sê, “God het alle dinge onder Sy beheer gestel en Hom ook as Hoof van alles aan die kerk gegee. Die kerk is Sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in elke opsig met sy teenwoordigheid vul”. Die liggaam van Christus is al die gelowiges in Jesus Christus vanaf die Pinksterdag (Handelinge 2) todat Jesus terugkeer. Die liggaam van Christus bestaan uit twee aspekte: -

1) Die universele kerk wat bestaan uit almal wat in ‘n persoonlike vehouding met Jesus Chrsitus staan. “Maar ons is almal deur die een Gees gedoop in Christus se liggaam. En ons is almal van die een Gees deurdrenk” (1 Korintiërs 12:13). Die vers vertel ons dat enigiemand wat glo is deel van die liggaam van Christus en het die Gees van Christus as getuie. Die univesele kerk van God is almal wat alreeds gered is deur geloof in Jesus Christus.

2) Die lokale of plaaslike kerk word in Galasiërs 1:1-2 as volg beskryf, “Paulus, ‘n apostel wat nie deur mense aangestel of gestuur is nie, maar deur Jesus Christus en deur God die Vader – Hy wat Jesus Christus uit die dood opgewek het. Ek en al die broers en susters hier saam met my sê vir die gemeentes in Galasië”. Hier sien ons dat in die provinsie van Galasië was daar baie kerke – wat ons lokale kerke noem. Die Babtiste kerk, AGS, Katolieke kerk ... ens. is nie die kerk soos in die universele kerk nie maar is lokale kerke, ‘n lokale liggaam van gelowiges. Die universele kerk bestaan uit die wat aan Chrsitus behoort en wat op Hom vetrou het vir hul redding. Die lidmate van die universele kerk moet gemeenskap en stigting of opbouing soek in die lokale of plaaslike kerk.

Opsommend gewys, die kerk is nie ‘n gebou of ‘n denominasie nie. Volgens die Bybel is die kerk die liggaam van Christus – almal wat hul geloof op Jesus Christus geplaas het vir hul redding en saligmaking. (Johannes 3:16; 1 Korintiërs 12:13). Plaaslike kerke is die vergader plek van lidmate van die universele kerk. Die plaaslike kerk is waar lidmate van die universele kerk ten volle die “liggaam” beginsels soos in 1 Korintiërs 12 kan uitlewe – aanmoediging, onderrig en opbouing van mekaar deur die kennis en genade van Jesus Christus.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die kerk?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries