settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek weet wat God se wil vir my lewe is? Wat sê die Bybel omtrent kennis van God se wil in my lewe?

Antwoord


Daar is twee sleutels tot kennis van wat God se wil vir ’n gegewe situasie is: (1) Maak seker dat waarvoor jy vra of wat jy beplan om te doen nie iets is wat deur die Bybel verbied word nie. (2) Maak seker dat waarvoor jy vra of wat jy wil doen tot verheerliking van God is en dat dit jou sal help om geestelik te groei. As hierdie twee dinge reg is, maar God gee nog steeds nie waarvoor jy vra nie, dan is dit waarskynlik nie God se wil dat jy moet kry waarvoor jy vra nie. Of dalk moet jy ’n rukkie langer daarvoor wag. Om te weet wat God se wil is, is soms baie moeilik. Mense wil as’t ware hê God moet vir hulle vertel wat om te doen – waar om te werk, waar om te bly, met wie moet jy trou, ens. Romeine 12:2 sê , “Moenie tuis raak in hierdie wêreld met al sy boosheid nie. Nee, laat God julle van binne af nuut maak. Laat Hy julle manier van dink verander sodat julle kan weet wat Hy van julle verwag. Dan sal julle ook weet wat sy wil is en hoe julle julle lewe elke dag aan Hom moet oorgee.”

God gee selde direkte en spesifieke inligting aan mense. God laat ons toe om besluite te neem aangaande daardie dinge. Die enigste besluit wat God nie wil hê ons moet neem nie, is om te besluit om sonde te doen of Sy wil teen te staan. God wil hê dat ons besluite moet neem wat in ooreenstemming met sy wil is. Hoe weet jy egter wat God se wil vir jou lewe is? As jy naby aan God lewe en waarlik Sy wil in jou lewe begeer, dan sal Hy jou hart vul met sy begeertes. Die sleutel is om God se wil te wil volg en nie jou eie nie. “Wees elke oomblik bly dat jy die Here ken. Hy sal sorg dat jy kry wat jy wil hê” (Psalm 37:4). As die Bybel nie daarteen is nie en wanneer dit werklik tot jou geestelike voordeel kan wees, dan gee die Bybel jou “toestemming” om besluite te neem en jou hart te volg.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek weet wat God se wil vir my lewe is? Wat sê die Bybel omtrent kennis van God se wil in my lewe?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries